Headache

Question
Posted by: Ria van Der Lith | 2017/10/27

Q.

Onderaktiewe skildklier.

My naam is Ria. Ek het 'n onderaktiewe skildklier, en gebruik Eltroxin daarvoor. Ek staan party oggende op met 'n stywe gevoel in my nek, het 'n ontsettende brandende hoofpyn wat in die nek begin.  Ek is gediagnoseer met onderaktiewe skildklier, ongeveer 5 jaar gelede. Ek gebruik Eltroxin. Die laaste paar maande staan ek op met 'n stywe gevoel in my nek, en brandende hoofpyn wat agter in my nek begin en Dan oor my kop gaan. Voel soos 'n stywe band om my kop. Kry ook in die nag hoofpyn. Ek voel redelik naar in die oggende. Het al my kussings omgeruil, en niks help nie. Ek drink nie meer pynpille tensy dit absoluut noodsaaklik is nie. Ek is uitgeput en baie moeg na so hoofpyn. En kry ook flitse, lyk soos weerligstrale in my oé. ASB gee raad.

Expert's Reply

A.

Headache expert
- 2017/10/30

Beste Ria,

Dit klink vir my of jou skilklier niks te doen het met die pyn. Daar is 'n baie goeie kaans dat ons jou kan help, maar ons moet eers bepaal wat die oorsaak is vir die pyn.

Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek deur deskundiges laat doen om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

 Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

 Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.