Digestive Health

Question
Posted by: | 2017/03/24

Q.

My maag voel ongemaklik

Hello. My dikderm is nou lui en elastisiteit verloor. Ek is hardlywig. Het magnesium sitraat by dr gekry en gedrink. Het derm skoongemaak, maar maagswelling het nie regtig gesak nie. Voel aanhoudend versadig en ongemaklik. Dit veroorsaak dat ek nie regtig kan eet nie. Word glad nie meer honger nie. Dr het vir my peploc gegee om te drink in aand voor ek eet vir iets met suur te doen. Dit help nie, kan nogsteeds nie eintlik eet nie. Nou as ek iets eet het ek kort steekpyn op my maag. Hoe lank vat peploc om te werk en wat gebeur nou met lui derm? Moet ek aanhou goed drink om derm te laat werk? Asb help met raad?

Expert's Reply

A.

Digestive Health Expert
- 2017/03/27

As mens pyn ervaar wat met ete aangebring word (terwyl jy eet of binne 10 min. daarna, is dit jou maag wat nie ontspan nie.  Daar is verskeie redes voor (ernstiges soos maag kanker, bv) maar ook minder ernstigers soos funksionele dispepsie.  Mens kan net d.m.v. 'n gastroskopie bepaal watter een dit is.  Daar is heelwat in die mediese literatuur geskryf oor Iberogast wat sulke probleme verlig.  As jy onlangs hardlywig geraak het, is 'n kolonoskopie jou voorland.  Peploc sou 'n gewone maagseer binne 'n paar dae verbeter het.  Ek dink jy moet 'n gastroënteroloog gaan sien.  Sterkte, E

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.