Digestive Health

Question
Posted by: Adele | 2017/03/27

Q.

Hardlywig en diarhee op 'n wisselvallige basis

Goeiedag dr. Ek kom agter dat ek nou al 'n geruime tyd in n siklus is van of hardlywigheid of voel ek moet gereeld toilet toe gaan (met krampe, amper soos diarhee?) om my maag te laat werk. Niks abnormaal aan die kleur of so nie. Net nou en dan sal ek bietjie slymerigheid sien op papier (die kere as ek krampe het en voel of ek diarrhee het) Is dit iets wat ek oor bekommerd moet wees? Ek moet erken ek drink nie vreeslik baie water nie (drink rooibostee en koffie deur die dag) en weet nie of ek eers moet probeer om 'n glas of twee ekstra elke dag in te werk om te kyk of dit help nie? Ek is 42 jarige vrou en het GERD en weet nie of dit dalk ook 'n rede vir dit kan wees nie? Baie dankie vir die raad dit word opreg waardeer.

Expert's Reply

A.

Digestive Health Expert
- 2017/03/27

Middag Adele,  Ons is altyd bekommerd as iemand se stoelgang patrooon skielik verander, veral met slym in.  Ek sou eers na ander oorsake kyk nadat jy 'n kolonoskopie gehad het.  Die liggaam onderskei nie juis tussend die vloeistowwe wat ons inneem nie: selfs die melk met die pap word as vloeistof gereken, so jy hoef nie ekstra water in te neem nie, tensy jy dors is.  Kyk gerus uit of jy nie dalk iets nuuts in jou diet het nie (soos xylitol wat krampe gee) wat dit kon aanbring nie.  Maar kolon kanker is die een om uit te sluit.  Hoop jy kom gou reg.  Groete, E

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.