Diabetes

Question
Posted by: J | 2009/04/08

Q.

Insulien weerstandigheid

My seun is baie oorgewig en is tans onder behandeling by ' n endokronoloog. Hy is toe getoets vir insulien weerstandingheid (ook omrede daar ' n sterk familie geskiedenis is tov diabetes). Die bloedtoetse het oorweldigende bewyse gelewer van insulien weerstandigheid.

Ek sal graag presies wil verstaan hoe insulien weerstandigheid oorgewig kan veroorsaak. Ek verstaan dat insulien die glukose uit die bloed haal, maar nog steeds verstaan ek nie hoe insulien weerstandigheid kan veroorsaak dat ' n persoon oorgewig word nie.

Expert's Reply

A.

Diabetes expert

Daar is baie verskillende teorieë oor hoe insulien weerstandigheid en obesiteit werk en wat veroorsaak wat. Die belangrikste deel, is dat ons weet dat indien iemand oefen op 'n gereelde basis dit insulienweerstandigheid verbeter. Verder weet ons ook dat insulienweerstandigheid meer voorkom onder oorgewig mense. Die kliniese diagnose van insulienweerstandigheid is heeltemal voldoende om die diagnose te maak en aan te spreek. Insulienwaardes alleen is nie van soveel belang nie aangesien daar heelwat faktore is wat die lesing kan beïnvloed.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.