Diabetes

Question
Posted by: Anonymous | 2009-05-24

Q.

Hoë  insuline

Hoekom moet ek insuline inspuitings kry as my insuline te hoog is.

Expert's Reply

A.

Diabetes expert

Jy het waarskynlik insulienweerstandigheid en alhoewel jou insulienvlakke hoog is, is dit nog steeds onvoldoende om jou suiker te beheer en jy benodig dus addisionele insulien om die bloedsuiker te verlaag. Die insulien is dus meer ter wille van jou bloedsuiker kontrole. Daar is baie faktore wat jou eie insulienvlakke kan beïnvloed en dit word nie aanbeveel om dit roetine te toets nie. Mens gebruik eerder die suikervlakke en HbA1c om te bepaal of die behandeling voldoende is. Dit is belangrik indien jy insulien weerstandigheid het om ook lewensstyl aanpassings te maak indien jy bv nie oefen nie, aangesien oefening 'n goeie manier is om insulienweerstandigheid aan te spreek. Indien dit nog nie met jou bespreek is nie, kontak jou dokter en bespreek dit met hom/haar.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.