Diabetes

Question
Posted by: Linda | 2009-03-27

Q.

gewig

My man is nou 3 jaar n diabeet. Hy het glad nie gewig verloor nie om die waarheid te sê  is hy baie oorgewig. Hy weeg so 110kg en is ontrend 1.75 m. Sy suiker vlak is nie hoog nie, maar wat kan ek doen om hom te help om gewig te verloor. Onglukkig is daar nie tyd om te oefen nie, want ons werk lang ure.

Expert's Reply

A.

Diabetes expert

Dit kan help as hy sy porsiegroottes kan verminder. Verder kan 'n konsultasie met 'n Dieetkundige ook van waarde wees - sy kan help om voedsel wat hoog is in energie uit te wys en moontlik voorstelle te gee om dit te vervang met iets anders wat beter mag wees.
Rondom die oefeningsdeel - dit vorm 'n belangrike deel van 'n verslankingsprogram en hoef nie noodwendig 'n besoek aan 'n gimnasium in te sluit nie - tuisoefeninge of selfs om te gaan stap of dan heelwat trappe te klim by die kantoor en oor naweke te oefen kan ook al reeds 'n verskil maak.
Aan die einde van die dag moet elke persoon self besluit hoe belangrik hulle gesondheid vir hulle is en wat kan 'n verskil maak.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
user comments

C.

Posted by: Hannah | 2009-04-08

Linda, is die manna te kry by plekke soos dischem/clicks? het dit ' n spesifieke naam?

Reply to Hannah
Posted by: JH | 2009-04-03

Linda,
Het jy al gehoor van Manna? Probeer dit vir jou man se gewig probleem. Hulle gee voor dit help vir bloedsuiker af te bring asook gewigverlies daarmee saam. Ek gebruik dit nou vir 3 maande en het my belt so 2 gaatjies verstel.

Reply to JH
Posted by: ZZZZ | 2009-04-03

Ek is ook diabetes 2. Gister 2 April gehoor van" DIABION" , vit. aanvuller vir diabetes, my suiker het van 15.6 na 9.5 geval.
Ek hoop dit gaan so aanhou val!
Groete

Reply to ZZZZ

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.