Diabetes

Question
Posted by: Pamela | 2009/04/15

Q.

Gebreekte Enkel

Ek het my enkel gebreek, is geopereer, twee lang snye aan my voet. Die wonde het mooi geheel, maar die een wond van 10 cm llank - die laaste 2 cm groei nie toe nie. Die operasie was 11 weke gelede. Die spesialis het gesê  ek moet wit spiritus 2 x per dag gebruik. Ek was nou by n wondekliniek en hul sê  Nee, ek moet Saline 2 x per dag gebruik. Ek gebruik dit nou n week lank, dit lyk of dit kan werk, is dit al raad? Die wond het nog geen reuk of inflimasie nie, as ek die lappie afhaal 2 x per dag is daar slegs n klein bietjie vog op. Sal u asb vir my laat weet, asb. Dankie

Expert's Reply

A.

Diabetes expert

Daar is baie verskillende maniere om wonde te hanteer in diabetiese pasiënte. Die wondsorg klinieke het meestal baie ondervinding en sal u goeie advies kan gee. Dit is egter belangrik dat u opvolg totdat u gesondheidspan tevrede is met die wond. Ander faktore wat wondgenesing kan beïnvloed is indien u glukose nie goed gekontroleerd is nie - dit sal dus belangrik wees om seker te maak dat u suikerkontrole goed is. Verder is bloeddrukkontrole ook belangrik. Indien u rook kan dit ook die wondgenesingsproses vertraag.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
user comments

C.

Posted by: Pamela | 2009/04/16

Dettol: Nee die wit spritus brand glad nie, maar...baie baie dankie vir jou raad, ek gaan so maak!!

Dr: Dankie vir u raad, ek is 54 jr, ek rook nie, suiker is goed onder beheer, die bloeddruk -|- role wat u noem bekommer my egter. As ek party oggende wakker word is daar n shu shu shu! geluid/klop in my kop. Dit verdwyn egter sodra ek opstaan.

Reply to Pamela
Posted by: Dettol | 2009/04/16

Ek glo aan Dettol. Was jou been met verdunde dettol, 5 tot 10 min lank, 2 tot 3 keer per dag. Ek is ook diabetes en het nog nooit probleem met ' n wond gehad nie. Nog nooit septies geword.
Binne 8 dae moet dit gesond wees!
wit spiritus! Ek glo nie aan dit nie. Brand dit nie geweldig nie?
Sterkte!

Reply to Dettol

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.