Back Pain

Question
Posted by: Mariana | 2017/05/21

Q.

MRI

Verduidelik asb my MRI verslag. Indien moontlik in Afrikaand asb. Wat is die prosedure wat die dr gaan doen en hoe lank gaan ek vat om te herstel? Mondvol! Dankie by voorbaat!. Severe facet degeneration L5/S1. Severe disc herniation L4/L5. Acial images show broad base bulging, central disc extrusion and superior disc migration. Severe spinal canal stenosis. Bilateral stenosis. Neuroforaminal stenosis. L3/L4 broad base bulging L5/S1 central disc protrusion

Expert's Reply

A.

Backache expert
- 2017/06/29

Hallo Mariana,

Ek hoop dit help:
Gevorderde fasset degenerasie van L5/S1. Ernstige diskus herniasie L4/L5. Aksiale snitte demonstreer breë basis bulting, sentrale diskus bulting en superior diskus migrasie.  Ernstige spinale kanaal stenosis. Bilaterale stenose. Neuroforaminale stenose. L3/L4 breë basis bulting L5/S1 en sentrale diskus bulting.

In goeie Afrikaans: Die diskus het in die sentrale rugmurg kanaal ingebult, en 'n stukkie maak moeilikheid. Die besluit om te opereer/nie, word gebasseer op bg MRI uitslae, sowel as die kliniese beeld tydens jou ondersoek in die spreekkamer. Dit klink my jy is oppad teater toe, en ons glo dit sal met jou na die tyd beter gaan as voor die tyd.

Die fisioterapeut wie saam met die dokter werk, sal jou alles van die rehabilitasie vertel. Alle operasies se rehabilitasie is nie dieselfde nie.  In beginsel sal jy gou uit die bed gehaal word, en aangemoedig word om gereëld te stap. Indien jy 'n stut dra, sal jy tuis geleidelik van die stut gespeen word, totdat jy lekker kan oefen.  Die dokter en fisioterapeut sal die tydsraamwerke met jou bespreek.

Alles van die beste!
Susan Grobler

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Want to comment?

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.