Share

'n Nuwe toets vir osteoporose

Gegewe hoe ernstig en bekruipend osteoporose kan wees, is nuwe toetstegnologie beslis 'n stap in die regte rigting. Die FRAX-model is 'n eenvoudige elektroniese hulpmiddel wat dokters gratis van die internet kan aflaai om te bepaal wat 'n pasiënt se kans op frakture is, sê die Kaapstadse ginekoloog dr. Tobie de Villiers.

Dié model is nie volmaak nie omdat dit nie Suid-Afrikaanse inligting bevat nie, maar dit help beslis om pasiënte makliker en vroeër te diagnoseer.

Voor die FRAX-model moes dokters staatmaak op beendigtheidskanderings om te weet of osteoporosebehandeling nodig is. Die FRAX-model neem egter 'n hele rits risikofaktore bo en behalwe beendigtheid in ag.

Die toets behels die invul van 'n baie gedetailleerde risikovraelys. Dit word dan in die rekenaar gevoer en die fraktuurrisiko word deur die program bepaal.

As jy bekommerd is oor osteoporose, vra jou dokter of die toets reg is vir jou. Gaan loer daarna by www.shef.ac.uk/FRAX/.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE