Oorsake van katarakte
Die volgende is oorsake van katarakte:
- Katarakte word geassosieer met veroudering en kom meer algemeen voor onder ouer volwassenes. Omtrent 75 persent van alle katarakte is ouderdomverwant.
- Blootstelling aan ultravioletbestraling (soos sonlig).
- Oogbeserings
- Diabetes, veral wanneer bloedsuikervlakke swak beheer word.
- Katarakte kan ontwikkel as ‘n sekondêre gevolg van ander oogprobleme, soos glukoom (toename in drukking binne die oog).
- Langtermyn gebruik van sekere soorte medikasie, veral steroïdes, kan katarakte veroorsaak.
- Bestralingsbehandeling aan die kop.
- Party babas word met katarakte gebore (aangebore katarakte) of kan hulle kort na geboorte ontwikkel.
- Oorerflike faktore.
- Hoë cholesterol by sekere mense.