Share

Vroue 'groener' as mans

'n Studie waarby 22,000 stedelike verbruikers uit 29 lande betrokke was, dui aan dat vroue en senior burgers oor die algemeen meer omgewingsbewus as ander mense is.

Die studie oor "groen" gedrag wat deur die marknavorsingsfirma Synovate uitgevoer is, het verskeie sleutelvrae gestel. Daar was onder meer 600 Suid-Afrikaanse kliënte by die peiling betrokke.

Op die vraag of hulle gedurende die afgelope week tuis afval herwin het, het 'n totaal van 47% van die betrokke Suid-Afrikaanse vroue, teenoor 40% van die mans, ja gesê. 

Op die vraag of hulle oor die afgelope week ekologiese produkte gekoop het, het 8% van die mans en 7% van die vroue ja geantwoord.

Oor of hulle gedurende die afgelope week organiese produkte gekoop het, het 34% van die vroue positief geantwoord, teenoor 28% van die mans.

Volgens Synovate is "geslag en ouderdom deurslaggewende faktore by die vasstelling van 'groen' gewoontes, terwyl besorgdheid oor die toekoms, motivering teenoor ander mense en geografiese posisie nie so belangrik is nie."

Die peiling was daarop gemik om besighede van inligting te voorsien om hulle in staat te stel om hulle bemarkingstrategieë beter te beplan. - (SAPA, April 2011)

Lees verder:
EnviroHealth Centre
EnviroHealth Expert Forum

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE