Voetpyn
Waak so teen seer voete
- Baie mense leef jare met voetpyn, maar seer voete is nie normaal nie. Gaan dokter toe as jou hakke of enige ander deel van jou voet seer is.
- Ondersteun jou voetboog. Hoe laer die voetboog, hoe meer steun het jou voet nodig. As jou voete taamlik plat is, kan jy spesiale skoen-insetsels koop.
- Bevogtig jou voete dikwels en sny jou toonnaels reguit om ingroeiing te voorkom.
Bonuswenke
- Wees op die uitkyk vir ouderdomsverwante voetprobleme. Dit sluit in artritis, hamertone en dikker toonnaels, wat die ingroei-gevaar verhoog. Jou voete word ook langer en wyer en jou skoengrootte kan selfs verander!
- Jou voete sal baie dankbaar wees as jy hoëhakskoene sowel as plakkies vermy.
(Huisgenootbrokkies)