Voeding
Is jy seker jy kry genoeg vitamien C?
- Kry altyd liewer jou vitamien C uit kos as aanvullings. Die beste bronne is papaja, koejawels, bessies, groenrissies, broccoli, kiwivrugte, sitrusvrugte, tamaties, patats, kool en blomkool.
- Nuwe navorsing wys vitamien C kan nie juis verkoue voorkom of verbeter nie. ’n Daaglikse dosis kan jou wel effens gouer gesond laat word.
- As jy dikwels verkoue kry, moeg en pap voel en met tandvleis- en neusbloeding sukkel, het jy moontlik meer vitamien C nodig.
Bonuswenke
- Rook, besoedeling, kafeïen en stres verhoog jou kanse vir ’n vitamien C-tekort. As jy van ’n operasie of siekte herstel, gereeld aspirien drink of ouer as 55 is, is die gevaar ook groter.
- Rokers het 40% meer vitamien C nodig as nierokers.
(Huisgenootbrokkies)