Share

Vingerfeite

Die lengte van jou ringvinger verklap sekere geheime oor jou. En SMS en MXit is besig om die manier te verander waarop jy jou duim gebruik.
Deur die HEALTH24-SPAN

Duimpie

  • Sonder hom sou jy 60 persent minder kon doen met jou hand. Die duim is 'n geweldig veelsydige ledemaat, maar sy belangrikste rol is om dinge stewig vas te vat.

  • Met die koms van SMS, MXit en rekenaarspeletjies het die duim 'n baie spesifieke sleutelfunksie bygekry. Die duim neem ook ál meer funksies by sommige ander vingers oor – soos om 'n deurklokkie te druk – en dit gebeur veral by jong mense wat baie SMS en MXit.

  • Niemand weet waar dit vandaan kom dat 'n mens jou duim in die lug steek as 'n teken van goedkeuring of instemming nie, maar dit het moontlik ontstaan toe duimafdrukke as seëls gebruik is. 'n Duim in die lug was egter nie altyd goeie nuus nie. Net mooi andersom as wat die Russell Crowe-fliek Gladiator voorgee, het dit in der waarheid beteken die vegters in Romeinse arenas moes sterf!

Duimpie se maat

  • Die wysvinger word van vroeg af al ingespan om te kommunikeer. Babas kan gewoonlik na dinge wys voor hulle nog kan praat.

  • Dié vinger werk nou saam met die duim om take te verrig soos veters knoop, voorwerpe gryp, dinge uitwys en fyn voelwerk doen.

  • Saam met die ander vingers is die wysvinger ons oë wanneer ons in die donker rondtas of op ander plekke waar ons nie kan sien nie, soos in 'n diep laai.

  • Die wysvinger word by voorkeur gebruik om ons gedagtes uit te beeld, soos om dit in iemand se gesig te druk as ons vies is.

 Langeraat

  • Dis die langste vinger, maar danksy die wonderlike ontwerp van die hand bereik dit die palm op dieselfde tyd as die ander vingers wanneer jy 'n vuis maak.

  • Die middelvinger het ook die twyfelagtige eer dat dit gebruik word om die ongeskikte vinger-in-die-lug-teken vir iemand te wys!

  • En dis die vinger wat baie draaiboulers gebruik om 'n krieketbal te laat tol.

Fielafooi

  • Dié vinger het moontlik die ringvinger geword omdat daar destyds geglo is 'n aar (die vena amoris, oftewel die aar van die liefde) in die ringvinger loop reguit na die hart.

  • Die verskil in lengte tussen die ring- en wysvinger is 'n aanduiding van die hoeveelheid testosteroon waaraan 'n fetus in die eerste trimester van swangerskap blootgestel is. Die meeste mans se ringvingers is langer as hul wysvingers.

  • 'n Langer ringvinger dui op beter atletiese vermoëns en hoër vrugbaarheid.

Piepie-in-die-kooi

  • Sonder die pinkie is die palm nie breed genoeg om behoorlik te werk nie. Dis ook die belangrikste vinger wanneer jy 'n ordentlike houvas op iets soos 'n hamer wil kry.

  • Lig jy jou teekoppie met 'n krom pinkie of nie? In die Victoriaanse era het baie vroue gedink dis 'n teken van status om dit so te doen. Deesdae word dit gesien as onnodige aanstellerigheid.

HET JY GEWEET?

  • Navorsers aan Amerika se Johns Hopkinsuniversiteit het in 2006 bevind dat linkshandige gegradueerdes gemiddeld 26 persent ryker is as hul regshandige eweknieë.

  • Dit neem vyf maande vir jou naels om volledig uit te groei.

  • Die Rolling Stones-kitaarspeler Keith Richards het sy vingers vir R11 miljoen verseker.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.) – Somer 2009/2010

 

You have a weird body

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE