Share

Twitter verbeter universiteitstudente se punte

'n Nuwe studie het bevind dat sosiale netwerkplatvorms soos Twitter universiteitstudente se betrokkenheid by die leerproses kan verhoog, én hulle punte kan verbeter.

Die studie is op 125 studente wat 'n eerstejaar voorbereidingskursus vir professionele werkers in die gesondheidsdienste gevolg het, uitgevoer. Sewentig van hierdie studente het Twitter vir verskeie akademiese besprekings gebruik en die ander 55 was die kontrolegroep.

Die studente wat Twitter gebruik het se betrokkenheid by die leerproses was beduidend hoër as dié van die kontrolegroep. Die skrywers van die studie wys daarop dat Twitter nie net die studente se kontak met hulle instrukteurs verhoog het nie, maar ook met mekaar, wat dit vir hulle moontlik gemaak het om mekaar in 'n virtuele leergemeenskap te ondersteun.

Die Twitter-groep het ook aan die einde van die semester gemiddeld hoër punte as die ander behaal.

Sosiale netwerk help studente om meer betrokke te raak

"Die konsep dat studentebetrokkenheid by 'n lae-kredietkursus deur die gebruik van tegnologie buite die klaskamer verhoog kan word, is een van die sleutelbevindinge," sê medeskrywer van die studie Greg Heiberger, koördineerder van voorbereidingskursusse vir die gesondheidsdienste in die departement van biologie en mikrobiologie van die South Dakota State University.

"Dit was 'n een-krediet-kursus en die instrukteurs het daagliks kontak met die studente gehad, wat nie baie in een-krediet-kursusse gebeur nie," voeg hy by.

Die studie is in die Journal of Computer Assisted Learning gepubliseer.

(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE