Share

Top 10 bloedfeite

Jou bloed. Jy sien dit omtrent nooit nie. Maar sonder bloed kan jy nie bestaan nie. Kyk hoeveel van die volgende feite jy ken. Dink daaraan wanneer jy weer jou vinger sny of 'n bloedoortapping nodig het. 

  • Die gemiddelde volwasse man het omtrent vyf tot ses liter bloed in sy liggaam  en die gemiddelde vrou ongeveer vier.  
  • Jou bloed is nagenoeg 7% van jou totale liggaamsgewig.
  • Ongeveer 95% van jou liggaam se bloedselle word in jou beenmurg vervaardig.
  • Daar is omtrent 1 miljard rooibloedselle in twee of drie druppels bloed. 
  • Daar is drie tipes bloedselle: rooi bloedselle, wit bloedselle en bloedplaatjies wat almal in jou plasma rond vloei. Die bloed wat jy skenk, kan volgens hierdie elemente verdeel word.
  • Jou liggaam vervang gewoonlik binne 24 uur die volume bloed wat jy skenk. Dit kan egter tot twee maande duur voordat jou rooibloedselle weer normale vlakke bereik.
  • Volledige bloed het 'n raklewe van 35 dae. Rooibloedselle hou 42 dae, bloedplaatjies net vyf dae en plasma tot 'n jaar.
  • Die mees algemene bloedsoort is O-positief, terwyl AB-negatief die skaarsste is. Mense met AB-bloed kan enige soort bloed van 'n skenker ontvang, en O-negatiewe bloed is vir enigiemand geskik.   
  • Wetenskaplikes het onlangs daarin geslaag om tipes A en B bloed in tipe O te omskep. As die proses eendag op 'n groot skaal gedoen kan word, sal dit baie help om die permanente tekort aan bloed te verlig.  
  • As jy gesond is, sal jy tot 330 keer gedurende jou leeftyd bloed kan skenk.

(Susan Erasmus, hersien Junie 2011)

Bronne:

Lees verder:
SA dringend gemaan om bloed te skenk
Verskonings, verskonings

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE