Share

Toksiese tampon-skok

’n Tienermeisie in Brittanje is byna dood in ’n uiters ongewone geval van bloedvergiftiging wat deur ’n tampon veroorsaak is. Paige Roffey, 15, het in haar huis in Rayleigh, Essex, inmekaargesak met toksiese skoksindroom nadat sy vier uur lank ’n tampon gebruik het. Roffey is vir twee dae in ’n geïnduseerde koma geplaas, en ná ’n week in die hospitaal was sy gelukkig weer gesond.   

Toksiese skoksindroom (TSS) is ’n infeksie wat jou baie vinnig baie siek maak. Dit word deur die algemene bakterie Staphylococcus aureus veroorsaak wat gewoonlik skadeloos op die vel, in die neus, armholte, lies of vagina van een uit elke drie mense voorkom. In seldsame gevalle kan sekere soorte van hierdie bakterieë toksiene (gif) produseer wat TSS veroorsaak.

’n Paar feite oor TSS

  • Toksiese skoksindroom is ’n ongewone, maar baie ernstige siekte wat vinnig in enigiemand kan ontwikkel.
  • Mans, vroue en kinders kan toksiese skoksindroom ontwikkel ná brandwonde, pitswere, insektebyte of infeksies ná chirurgie. Omtrent die helfte van aangemelde gevalle word gekoppel aan vroue wat tampons gebruik; die ander helfte het ander oorsake. 
  • Met vroeë diagnose kan toksiese skoksindroom suksesvol behandel word. Ongelukkig sterf daar elke jaar 2-3 mense uit die klein groepie wat TSS opdoen. Dit is belangrik om te onthou dat indien TSS vroeg gediagnoseer en behandel word, daar ’n goeie kans vir herstel is.
  • Die meeste dokters sal nooit ’n geval van toksiese skoksindroom aanskou nie. TSS is so ongewoon dat die meeste dokters die siekte nie een keer in die loop van hulle mediese loopbane sal teëkom nie.

TSS weens tampon-gebruik ongewoon 

Tampons stel vroue in staat om menstruasie ‘weg te steek’ terwyl hulle aan verskeie aktiwiteite soos swem en ander sportsoorte deelneem, maar die nadele van tampon-gebruik is die potensiële verandering in die vaginale mikroflora. 

Indien abnormale bakterieë in die vagina teenwoordig is (óf as gevolg van seksuele oordrag óf self-kontaminasie met rektale kieme), kan menstruele bloed wat in die vagina, bo en binne ’n tampon, geakkumuleer het as ’n kultuurmedium dien, wat mikroörganismes toelaat om te vermenigvuldig, en sodoende infeksie bevorder.  

Dit verduidelik ook hoekom tampon-gebruik geassosieer word met ’n effens verhoogde risiko vir toksiese skoksindroom (TSS), wat deur ’n bakteriële infeksie veroorsaak word.  

Die feit dat toksiese skok baie selde voorkom, moet weereens benadruk word. Die risiko vir TSS kan selfs verder verminder word deur goeie higiëne, die gereelde omruil van tampons (elke vier uur, of selfs meer gereeld as die menstruele vloei sterk is) en deur tampons met sanitêre doekies af te wissel. 

Stuur jou vrae oor TSS of menstruasie aan GynaeDoc.

Bronne:

Menstruasie

Toksiese Skoksindroom Inligtingsdiens

(Joanne Hart, Health24, September 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE