Share

Te siek om te werk?

As jy wonder of jy werk toe moet gaan of nie, is jy waarskynlik gesond genoeg om wél werk toe te gaan. Maar partykeer word jy wakker en jy weet net jy kan net nie. Dit kan griep wees, ’n verkoue, ’n migraine of die nagevolge van die vis van die vorige aand. 

Wat is die tekens dat jy te siek is om te gaan werk?

  • Wanneer die gedagte om op te staan om jou baas te bel meer geestelike voorbereiding as die Comrades-maraton verg.
  • Wanneer jy die punt bereik dat jy bang is jy gaan dalk nie dood nie.
  • Wanneer jy die maand se toiletpapiervoorraad opgebruik het – en dit net vir jou neus.
  • Wanneer jy die telefoon beantwoord en sê: "Hallo, dis Jeanette wat praat," en die persoon aan die ander kant sê: "Goeie môre meneer."
  • Wanneer jy bereid is om 'n tweede verband op die huis uit te neem net om die dokter sover te kry om huisbesoek te doen.
  • Wanneer jou man die helfte van die huis verseël en die Gesondheidsdepartement bel om kwarantyn-kennisgewings te laat aanbring.
  • Wanneer jy die punt bereik waar jy nie omgee dat die aanbieding waaraan jy al vir 6 weke werk deur die assistent-sekretaresse aangebied gaan word nie.
  • Wanneer dit seermaak om jou oë oop te maak – selfs om te lees of TV te kyk.
  • Wanneer jy voel dat jou longe hulself gaan aanbied vir orgaanskenking.
  • Wanneer jou familie ophou om "Gesondheid" te sê, uit vrees dat hulle hees gaan raak. 
  • Wanneer jy voel asof jou liggaam sonder jou medewete vir mediese eksperimente aangebied is.
  • Wanneer jou hond jou nie herken nie.

Kyk na die verskille tussen verkoue en griep.

Besoek Health24 se Flu Condition Centre

(Health24, hersien Junie 2011) 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE