Share

Swanger vroue, pasop!

Toksoplasmose is uiters gevaarlik vir swanger vroue omdat die besmetting na die baba oorgedra kan word.

As jy minstens ses tot nege maande voor swangerskap besmet word, het jy genoeg tyd om immuniteit te ontwikkel. Maar as jy gedurende jou swangerskap vir die eerste keer besmet word, word jou ongebore baba ook besmet.

Sommige fetusse spring die siekte vry, maar ander kan baie siek word. Die infeksie kan 'n miskraam veroorsaak of daartoe lei dat die baba doodgebore of met die infeksie gebore word.

'n Baba wat met toksoplasmose gebore word, kan aan blindheid, geelsug, stuiptrekkings en kwaai verstandelike gestremdheid ly. Ander simptome kan insluit koors, opgeswelde kliere, 'n buitengewoon

groot of klein kop, 'n uitslag, kneusplekke of bloeding onder die vel, bloedarmoede en 'n vergrote lewer of

milt.

As jy swanger word, moet jy altyd bedag wees op die moontlikheid van toksoplasmose, veral as jy hardnekkige griepsimptome kry. Vra iemand anders om die kat se sandkissie skoon te maak of doen dit met rubberhandskoene.

Swanger vroue word nie outomaties vir die besmetting getoets nie, maar as jy 'n katliefhebber is, kan jy vra om getoets te word. Die goeie nuus? Daar is doeltreffende medisyne beskikbaar om toksoplasmose te behandel.  Die algemeenste middel is kotrimoksasool.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE