Share

Stuit sinusontsteking – op die natuurlike manier

Daar is verskeie tuisremedies wat jy kan beproef as jy voel dat problem dalk aan die ontwikkel is:

  • Drink agt of meer glase water per dag of jy nou dors is of nie om die slym te verdun.
  • Asem warm stoom in: Gebruik 'n lugbevogtiger, staan onder 'n warm stort of stoom jou gesig oor 'n bak warm water terwyl jy 'n handdoek oor jou kop hou. Die water moet warm genoeg wees om stoom te vorm, maar nie so warm dat dit jou gesig verbrand nie.
  • As jy allergies is moet die humiditeit in jou kamer verkieslik nie hoër as 50 persent wees nie.  Koop 'n bevogtiger wat die humiditeit meet.
  • Kyk na die agterkant van jou keel – as slymstrepies verskyn, het jy waarskynlik 'n postnasale drup. Gorrel met louwarm water om te keer dat jy 'n seer keel ontwikkel.
  • Slaap met jou kop hoër as jou lyf.
  • Koop 'n spuitbotteltjie by die apteek en sproei 'n sout-en-koeksodaoplossing gemaak van 2,5 ml sout, 1 ml koeksoda en 250 ml louwarm water in jou neus om dit skoon te spoel. Trek die oplossing so diep moontlik in jou neus in: Druk een neusgat toe en snuif deur die ander een tot agterin jou neus en jou keel. Blaas dan jou neus liggies. Herhaal twee tot vier keer per dag. Jy kan ook 'n soortgelyke oplossing by apteke koop.
  • Drink minder alkohol en koffie. Dit is ontwateringsmiddels en kan die slymvliese uitdroog, wat die slym laat verdik. Dit kan op sy beurt die sinusgaatjies verstop en infeksies vererger. Sulfiete, histamien of ander chemiese stowwe in wyn kan die neusslymvliese ook laat swel en ontsteek.
  • Los 'n paar druppels bloekomolie of mentolkristalle in 'n koppie kookwater op en asem die stoom in. Dit kan help om die neus oop te maak. Wees versigtig, want die hitte van die warm stoom of die chemikalieë van die kristalle kan jou neus brand.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE