Share

Sooibrand

  • Partymaal vloei suur maagsappe terug in die slukderm in.
  • As dit meermale gebeur, sal die die suur die weefsel van die slukderm(esofagus) beskadig. Hierdie is ‘n redelike algemene kondisie.
  • Leefstylveranderinge soos ophou rook, gewigsverlies en dieetveranderinge verhoed gewoonlik hierdie terugvloei van maagsappe.
  • Die hoofsimptoom van sooibrand is ‘n pynlike brandgevoel in die bors.
  • As jy baie ernstige en aanhoudende sooibrand kry, kan jou dokter dalk aanbeveel dat jy ‘n ondersoek genaamd ‘n gastroskopie ondergaan, om sodoende meer ernstige toestande uit te skakel. In enkele gevalle is chirurgie ‘n opsie.
  • In Engels staan die toestand ook bekend as GORD (Gastro-oesophageal Reflux Disease)

Wat is sooibrand?

Sooibrand is ‘n toestand waarin die laer slukderm se sfinkter ( die gespierde ring naby die end van die slukderm, naby die diafragma) ongewoon ontspanne is en dan die maag se suurinhoud toelaat om terug te vloei in die slukderm in. Gewooonlik verhoed die sfinkter dat die maag se inhoud opwaarts vloei, omdat dit baie soos ‘n eenrigting-klep werk.

Partymaal sluit die sfinkter nie heeltemal nadat voedsel daardeur beweeg het nie. Dan vloei maagsure, wat noodsaaklik is vir voedselvertering, in die slukderm in. Dit word ‘terugvloei’ genoem. Hierdie geneigdheid tot terugvleoi vergroot wanneer die maag baie maagsure of kos bevat en wanneer daar ‘n toename in druk in of op die maag is.

As dit dikwels genoeg gebeur, kan die suur die weefsel van die slukderm beskadig.

Wat veroorsaak sooibrand?

In baie gevalle het die toestand geen spesifieke oorsaak nie. Die volgende faktore kan egter bydra tot die probleem:

Voedsel
Hoe meer die maag deur hoë voedselinname gerek word, hoe groter is die kans van terugvloei in die slukderm in. Die eet van vetterige kossorte vergroot ook die kanse van sooibrand, aangesien vetinhoud die voedsel langer in die maag laat bly.

Voedsel wat die effektiewe werking van die sfinkter verhoed sluit sjokolade en pepperment in, terwyl drankies soos koffie, vrugtesappe en alkohol dieselfde effek het.

Hiatusbreuk
‘n Deel van die maag steek deur die diafragma (die laag wat die buikholte en die borskas van mekaar skei) wat die spierweefsels van die diafragma verhoed om die onderste deel van die slukderm ordentlik af te sluit. Die slukderm bly oop en dit skep die geleentheid vir maagsure om in die slukderm in te vloei.

Oorgewig
Wanneer jy oorgewig is, verhoog die vet in die buikholte die drukking daarbinne. Dit kan veroorsaak dat die voedselinhoud in die maag in die slukderm opbeweeg.

Swangerskap
Hormonale veranderinge tydens swangerskap veroorsaak dat die slukderm se sfinkter ontspan. Omdat die baarmoeder ook vergroot tydens swangersakp, plaas dit verdere druk op die buik, wat die die drukking daarbinne verhoog. Beide hierdie dinge kan lei tot terugvloei in die slukderm in.

Rook
Tabak verhoed die effektiewe werking van die slukderm se sfinkter. Dit verhoog ook die produksie van maagsure en verlaag die tempo waarteen die buik geledig word.

Medikasie
Pynstillers asook sekere ander middels kan terugvloei veroorsaak.

Konstipasie
Konstipasie verhoog die kanse op terugvloei deur die drukking binne-in die buikholte te verhoog.

Die posisie van die liggaam.
Wanneer iemand platlê verhoog dit die neiging tot terugvloei. ‘n Eenvoudige oplossing is om op ‘n ekstra kussing te slaap of om die koppenent van jou bed met 10cm te lig. Om te buk of vooroor te buig om iets op te tel, kan ook terugvloei veroorsaak.

Wie kry sooibrand en wie is in die risikogroep?

Enigiemand kan sooibrand kry. Sooibrand is egter meer algemeen onder die volgende groepe mense:

  • Swanger vroue
  • Oorgewig mense
  • Rokers
  • Babas : Babas se slukderm-sfinkter, wat terugvloei verhoed, is nog nie heeltemal ontwikkel nie. Dit verdeuidelik ook waarom hulle so maklik vomeer, wat behoort af te neem soos wat die anti-terugvloei meganisme al hoe sterker word.

Simptome en tekens van sooibrand

Die gereeldheid waarmee hierdie simptome voorkom verskil van mens tot mens. Vir die meeste kom die simptome nie dikwels voor nie, maar party mense ervaar weeklikse of daaglikse episodes van sooibrand of terugvloei. Simptome sluit in:

  • ‘n Pynlike of branderige gevoel in die boonste deel van die buik of bors, partymaal ook voelbaar in die rug. Dit duur gewoonlik ‘n paar minute. Party mense beskryf dit as ‘n gevoel dat mens dadelik regop moet sit.
  • Die suurterugvloei bereik die keel en mond. Dit proe suur en kan branderig wees.
  • ‘n Klein groepie mense vind dit moeilik om asem te haal en begin hees klink, omdat die maagsure die stembande en lugweë kan irriteer.
  • Die gereelde opbreek van winde is algemeen.

Hoe word sooibrand gediagnoseer?

Die simptome van sooibrand mag so voor die hand liggend wees dat geen toetse nodig mag wees nie. Indien die dokter egter onseker is, of as die simptome baie erg begin raak, kan hy of sy dalk ‘n gastroskopie aanbeveel (dit behels die ‘sluk’ van ‘n klein kameratjie, sodat die dokter die slukdermarea van naderby kan bekyk). Dit is om vas te stel of jy dalk esofagitis, ‘n hiatusbreuk, ‘n peptiese ulkus of ander kondisies het. ‘n Gastroskopie is die ondersoek van die binnekant van die slukderm, die maag en die duodenum. Die dokter plaas ‘n dun, buigbare instrument by jou mond in. Dit laat die dokter toe om te sien of daar enige skade aan die binnekant van die slukderm of maag is en of daar in die maag of deudenum enige ulkusse is.

Die prosedure is pynloos en word onder ligte verdowing gedoen. Die prosedure word uitgevoer of in ‘n hospitaal of kliniek as ‘n dagpasiënt, of in die spesialis se spreekkamers. As jy enige verdowing ontvang het, sal jy die res van die dag nie kan bestuur of in beheer van enige masjinerie wees nie.

Ander kondisies wat soortgelyke simptome het:

  • Galstene : hierdie kondisie word die heel beste gediagnoseer deur middel van ‘n ultra-klank skandering.
  • Ulkusse of maagsere: Dié mag voorkom in die maag, die duodenum of die slukderm. Oor die algemeen lyk hierdie simptome net dieselfde as die van sooibrand. Partymaal kan maagsere skeur of bloei, wat tot intense pyn kan ly. Die toestand kan met ‘n gastroskopie gediagnoseer word.
  • Pyn op die hart: angina is pyn wat volg op hartstres. Dit kom gewoonlik tydens oefening voor. Wanneer die angina erger raak, kan dit ook tydens rusperiodes sy verskyning maak. As die pyn voel of dit by die arm afbeweeg, moet ‘n dokter dadelik gekontak word.
  • Gastritis: Algemene inflammasie van die maagwand. Dit kan ook die gevolg wees van onder andere te veel suur en word op dieselfde manier as sooibrand behandel.

Kan sooibrand verhoed word?

Jy kan sooibrand verhoed deur die volgende maatreëls te volg:

  • Probeer om gewig te verloor indien jy oorgewig is
  • Hou op rook
  • Vermy groot, vetterige maaltye, veral in die aande
  • Beperk die hoeveelheid koffie en alkohol wat jy drink
  • Maak die koppenent van jou bed sowat 15 cm hoër

Hoe word sooibrand behandel?

Sooibrand word hoofsaaklik met medikasie behandel. Die meeste mense vind dat teensuurmiddel, wanneer dit na etes en voor slaaptyd geneem word, die simptome met sukses beheer. Teensuurmiddel neutraliseer sure in die spysverteringskanaal. Dit kombineer met soutsuur in die maag om sout en water te vorm. Teensuurmiddels verskil van mekaar in die tyd wat hulle vat om te werk, in hulle vermoë om suur te netraliseer, newe-effekte, moontlike komlikasies en koste. Die hoof newe-effek is dat hulle stoelgangpatrone kan verander, wat winderigheid, hardlywigheid of diarree kan meebring.

As gewone teensuurmiddels nie die simptome kan beheer nie, dan kan tablette wat suur produksie verminder, probeer word. Hierdie medikasie word histamien antagoniste genoem. As hierdie onsuksesvol is, kan ‘n proton-pomp blokker gebruik word. Hierdie is beide sterk en effektief. Hulle werking behels dat die maag verhoed word om enige suur te produseer en verhoed ook enige komplikasies wat deur sooibrand meegebring kan word.

As behandeling onsuksesvol was, wat slegs in geringe gevalle gebeur, kan jy ‘n tipe laparoskopiese chirurgie laat doen waarin die slukderm se sfinkter versterk word.

Wanneer om die dokter te besoek

Besoek die dokter as jy meer as twee of meer keer per week sooibrand kry, of as jou simptome geweldig onaangenaam is. Jou dokter sal besluit of verdere toetse, soos ‘n gastroskopie, uitgevoer moet word, en of sterker medikasie benodig word. As jy enige moeite ondervind om te sluk, behoort jy jou dokter so gou as moontlik te spreek.

(Nagesien deur dr. Jenny Edge, BSc, MB BS, FRCS(Edin), M Med (Stell.))

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE