Share

Simptome van endometriose

  • Pyn is 'n vername simptoom van endometriose. "As jy vir langer as 'n dag tydens menstruasie pyn ervaar, moet jy jou laat ondersoek vir endometriose," sê die spesialis dr. Johan van Schouwenburg.
  • Pyn gedurende en ná seksuele omgang is algemeen. Dis 'n diep steekpyn wat soms tot twee dae daarna duur, veral in die geval waar groeisels in die diep holte agter die uterus en vagina voorkom.
  • Lyers sukkel soms met abnormale en onreëlmatige vaginale bloeding.
  • Ander simptome is irritasie van die ingewande. Dit sluit diarree, hardlywigheid en 'n geswelde buik in wat soms verkeerdelik as 'n spastiese kolon gediagnoseer word. Dit kan gebeur tydens menstruasie en daarna.
  • Waar groeisels in die blaas of derms voorkom, kan dit maandelikse bloederige urine of stoelgang veroorsaak.
  • Namate 'n vrou ouer word, neem die risiko toe dat sy endometriose sal opdoen. Na die menopouse, wanneer menstruasie ophou, verminder die risiko dramaties. Simptome verbeter dikwels tydens swangerskap en met borsvoeding.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE