Jou liefdeslewe
Hoe kan ’n seksterapeut jou help?
- Hulle klaar mites oor seks op, help om jou self- en liggaamsbeeld te herstel en om ontslae te raak van bagasie uit die verlede wat angstigheid veroorsaak.
- Hulle help jou om jou erotiese kant te verken, seks-ervarings te geniet en ’n situasie te skep waar jy en jou maat jul begeertes kan uitdruk sonder skaamte of angstigheid.
- Hulle help om die gehalte van jou verhouding, seksuele reaksie en seksuele bevrediging te verbeter.
Bonuswenke
- As jy op soek is na ‘n bevoegde seksuoloog of seksterapeut in jou omgewing, bel die hulplyn van die SA Sexual Health Organisation (Sasha) by 0860-100-262. Besoek www.sexualhealth.co.za vir verdere inligting oor Sasha.
- Wees bewus van hoe ouer word jou sekslewe beïnvloed en gesels met jou maat daaroor.
(Huisgenootbrokkies)