Vrouekwale
Nog raad vir seer borste en goedaardige borsknoppe
- Hou ’n warmwaterbottel 20-30 minute teen die seer bors. As jy ’n verwarmingskussinkie gebruik, moet jy die vervaardiger se aanwysings volg en nie daarmee aan die slaap raak nie.
- Navorsers vermoed daar is ’n verband tussen nie-kwaadaardige borsknoppe en ’n dieet ryk aan versadigde vet; minder vet in jou dieet kan knoppe dus dalk help krimp of voorkom.
- Dra ’n bra 24 uur van die dag om borsbeweging te beperk, veral kort voor jou maandstonde.
Bonuswenke
- Dokters skryf soms aspirien of ibuprofeen voor vir tye wanneer borspyn kwaai is. As dit nie genoeg is nie, kan veral premenstruele borspyn met vitamien B6 en aandblomolie behandel word.
- Sout laat jou lyf vog terughou en kan geswolle borste seerder maak – vermy dit dus.
(Huisgenootbrokkies)