Share

SA wis MIV by babas byna uit

Die Mediese navorsingsraad het berig dat Suid-Afrika se program om MIV by babas te voorkom 'n 96.5% suksessyfer behaal het met die uitwissing van die oordrag van besmette, verwagtende moeders.

'n Aanvanklike nasionale evaluasieopname by die wêreld se grootste vigs-bevolking het 9,915 babas by openbare klinieke getoets, en volgens die regering-navorsingsliggaam het uit die 31.4% wat aan die virus blootgestel was, net 3.5% positief getoets.

"Hierdie opname was die eerste volledige nasionale opname in die nege provinsies van Suid-Afrika," sê Ameena Goga van die MNR.

Besmettingskoerse by moeders het gewissel van15.6% in die dun-bevolkte Noord-Kaap tot  43.9% in KwaZulu-Natal, die provinsie wat die swaarste getref is.

Studie in 2012 herhaal

Babas tussen vier en agt weke is verlede jaar tussen Junie en Desember by 580 sentrums dwarsdeur Suid-Afrika getoets.

Die studie sal vanjaar herhaal word, asook in 2012 om die oordragkoers oor drie jaar te evalueer. Die babas sal dopgehou word tot hulle 18 maande oud is.

Verlede jaar het Suid-Afrika nuwe anti-vigsmedikasie-riglyne ingestel wat behandeling vir moeders op 'n vroeër stadium van die siekte insluit.

Die regering is vroeër kwaai gekritiseer vir die weiering om hierdie lewensreddende middels beskikbaar te stel. Daar word egter tans 1.4 miljoen mense behandel.

Volgens skattings deur die VN het die virus het reeds 5.6 miljoen van die 50 miljoen inwoners besmet. - (Sapa, June 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE