Share

Regruktyd

Hou jou gesondheid en verhouding op die regte pad met dié slim en eenvoudige strategieë.

1. Wees proaktief. Moenie jou kop in die sand druk en hoop die probleem verdwyn vanself nie. Net as jy jou kommer oor jou eie of jou maat se gesondheid erken kan jy begin om oplossings te vind.

2. Praat openlik. Eerlikheid is die hoeksteen van 'n gesonde verhouding. Onthou egter om jou mening sagkens te lug en nie tot die aanval oor te gaan nie.

3. Sien na jouself om. Jou gemoedstoestand en gesondheid is jóú verantwoordelikheid. Deur 'n goeie voorbeeld te stel kan jou gesonde lewenswyse dalk jou maat inspireer en ná 'n ruk kan julle mekaar tot nog meer goeie gewoontes aanspoor.

4. Kry hulp. Of dit nou 'n dokter, dieetkundige, sielkundige, refleksoloog of 'n holistiese dieetkundige

is – daar is hulp uit verskeie oorde beskikbaar. Die belangrikste is om aktiewe en positiewe stappe in 'n gesonde rigting te doen.

 (Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE