Share

Raad vir daardie vakansie-babalaas

Dit is algemeen bekend dat die alkohol stadiger geabsorbeer word as jy drink nadat jy geëet het, en dat die beste manier om 'n babalaas te vermy is om jou sjampanje met water, of ten minste koeldrank, af te wissel.

Vroue moet besef dat hulle 'n laer weerstand teen alkohol as mans het – ten minste tot hulle menopouse bereik. Gedurende menstruasie is 'n vroue se alkoholtoleransie laer, en dwarsdeur haar vrugbare jare absorbeer sy alkohol vinniger – en word dus vinniger dronk – maar verwerk dit stadiger, wat beteken dat dit vir haar ook langer vat om weer nugter te raak. Dinge raak egter ná menopouse meer regverdig wanneer vroue se estrogeen/testosteroon-balans meer soos dié van 'n man is.

Verder affekteer die soort alkohol wat jy gebruik jou kanse vir 'n babalaas. Fermentasie en veroudering van alkoholiese drank produseer meer etanol – die soort alkohol wat jou laat sleg voel.

Stowwe wat "kongenere" genoem word, verhoog die uitwerking van alkohol. Hierdie nie-alkoholiese stowwe is die byprodukte van fermentasie en distillering. Dit dra tot die smaak, aroma en kleur van wyn en hardehout by.

Kongenere veroorsaak heelwat van die toksiese reaksie wat jou die volgende oggend laat les opsê. Wetenskaplike studies toon dat brandewyn en Bourbon die ergste is, gevolg deur rooiwyn, sjerrie, Skotse whisky, bier, witwyn en jenewer. Onverouderde vodka het die minste nagevolge.

'n Ander nuttige wenk vir die groot aand is om 'n paar rou amandels of 'n grondboontjiebotter-toebroodjie voor die tyd te eet om die nagevolge te beperk.

Wat om te doen as jy oorboord gegaan het

Daar is 'n paar bekende huishoudelike produkte wat moontlik kan help as jy nie die bogenoemde wenke gevolg het nie:

  • Tamaties: moontlik die rede hoekom die Bloody Mary so 'n gewilde teenmiddel is.
  • Hoendersop: ouma se gunsteling boereraat. Dit werk net so goed vir babalaas as vir verkoues.
  • Heuning: neem 2-6 teelepels heuning elke twintig minute nadat jy wakker geword het, afhangende van die graad van die babalaas. Hou aan met die heuning tot jy beter voel en neem dan vier teelepels saam met jou eerste maaltyd. Die kalium in die heuning help om die nagevolge van die alkohol teë te werk en sal die lus vir nog alkohol demp. Eet 'n piesang saam met die heuning, wat jou kaliumvlakke 'n verdere hupstoot sal gee.
  • Persimmon/rou kool: eet 'n persimmon (dadelpruim) of rou kool om te help met die hoofpyn.  
  • Sauerkraut-sap: drink sauerkraut-sap saam met 'n bietjie tamatiesap as jy dit nie skoon kan drink nie. Hierdie sappe vervang verlore voedingstowwe.

Wetenskaplike studies dui ook aan dat vitamien B6 en die aminosuur sistien die liggaam kan help om van die gifstowwe wat deur alkohol vrygestel word, ontslae te raak. Dit is belangrik dat jy nooit meer as 50mg vitamien B6 neem nie, aangesien hoë dosisse giftig vir die senuweeselle is.

Dit is duidelik dat daar 'n menigte kure en opkikkers bestaan, en alhoewel party baie doeltreffend is, is daar eintlik geen kitsoplossing nie. Die alkohol moet eenvoudig deur jou liggaam verwerk word. Die grootste ongerief word deur ontwatering veroorsaak en as jy die vorige aand gedurende die partytjie nie genoeg water gedrink het nie, gaan tyd die enigste ding wees wat help. 

(Health24, hersien November 2009)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE