Share

Parasetamol kan lewerskade veroorsaak

As 'n mens oor 'n geruime tyd effens te veel van die pynstiller parasetamol neem, kan dit tot 'n oordosis lei wat lewerversaking en sterfte kan veroorsaak, volgens 'n nuwe studie.

Hierdie "verspreide oordosisse" kan toegedien word wanneer mense voortslepende pyn ervaar en herhaaldelik 'n bietjie meer as die korrekte hoeveelheid asetaminofen neem, verduidelik dr. Kenneth Simpson, skrywer van die studie wat in die British Journal of Clinical Pharmacology gepubliseer is.

"Hulle sluk miskien nie die eenmalige, massiewe oordosisse wat mense neem wat probeer om selfmoord te pleeg nie, maar met die verloop van tyd bou die skade op, en die effek kan dodelik wees," sê Simpson in 'n nuusvrystelling deur die joernaal.

Hy en sy kollegas het data van 663 pasiënte met parasetamol-geïnduseerde lewerskade, wat tussen 1992 en 2008 deur die Royal Infirmary van Edinburg in Skotland opgeneem is, geanaliseer.

Van daardie pasiënte het 161 aan 'n verspreide oordosis gely. Hulle het parasetamol gebruik om 'n verskeidenheid toestande soos, tand-, maag- spier- en hoofpyn te verlig.

Lewer- en breinprobleme

In vergelyking met mense wat 'n enkele oordosis parasetamol geneem het, het diegene met 'n verspreide oordosis meer lewer- en breinprobleme getoon, meer nierdialise of hulp met asemhaling nodig gehad en 'n groter risiko vir sterfte gehad.

Wanneer hulle by 'n hospitaal aanmeld, sal dit moontlik nie duidelik wees dat pasiënte aan 'n verspreide oordosis ly nie. Hulle mag dalk net sê hulle voel nie lekker nie. Dokters moet hierdie situasie herken en vinnig kan behandel, sê Simpson.

"Pasiënte met verspreide oordosisse of wat 'n geruime tyd ná 'n oordosis aanmeld, moet noukeurig gemonitor word en vir die parasetamol teenmiddel N-asetielsisteïen oorweeg word, ongeag die konsentrasie parasetamol in hulle bloed," sê hy in die vrystelling.  


(Kopiereg  © 2011 HealthDay. Alle regte voorbehou.)   

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE