Werkgewoontes
Hoe te veel oortyd jou gesondheid kortwiek
- Dit beïnvloed jou verstandelike vermoë. Veral middeljarige mense wat lang ure werk, dink oor die algemeen minder flink en hul woordeskat krimp. Hulle kan dalk ook later demensie ontwikkel.
- Dit maak jou siek en laat jou seerkry. Te veel oortyd laat ’n rits toestande ontstaan soos stres, angstigheid, spierbeserings en vatbaarheid vir ongelukke.
- Dit kan jou doodmaak, want jy kry nie tyd om te oefen, gesond te eet, genoeg te slaap en gereelde mediese ondersoeke te ondergaan nie – alles risikofaktore vir hartaanvalle en kanker.
Bonuswenke
- As jy lang ure móét werk, kan jy die skade verminder deur jou oortyd-ure vir ekstra vakansiedae te ruil en soms ’n ekstra lang vakansie te neem.
- ’n Mens moet liefs nooit meer as 48 uur per week werk nie.
(Huisgenootbrokkies)