Share

Oorleef onder puin

Japan is deur 'n verwoestende aandbewing van 9.0 geskud en duisende mense het hul lewens verloor. Baie meer word vermis. Hoe lank kan die gemiddelde mens onder die puin oorleef?

'n Jong, gesonde persoon wat aan die begin van die beproewing genoeg water en voedsel in hulle liggaam gehad het, het 'n redelike kans op oorlewing indien hulle binne 'n tydperk van ongeveer vier dae gered word. Hierdie tydperk kan na gelang van die omstandighede aansienlik korter wees.

Iemand wat gewond is, veral as hulle bloed verloor het, het min kans om langer as 24 uur te oorleef. Om die waarheid te sê, selfs al is daar geen beserings nie, is deskundiges dit eens dat dié persoon se kanse vir oorlewing ná 48 uur maar skraal is.

Geen kos of water

Wat gebeur met 'n mens se liggaam ná 'n lang ruk sonder kos en water?

Die gebrek aan kos is minder krities as die gebrek aan water. Die liggaam kan sy eie vet en uiteindelik selfs die proteïne in sy spierweefsel vir energie gebruik, maar kan water alleenlik van buite af verkry.

Die niere

Die niere is die organe wat die ergste deur 'n tekort aan water beïnvloed word. Hulle hooffunksie is om beide die volume en konsentrasie van water in die liggaam te reguleer.

Sonder water droog die liggaam geleidelik uit, omdat eksterne water nie meer die water wat deur sweet, asemhaling, urine en absorbering deur die ingewande verloor word, vervang nie.

Met toenemende ontwatering word die bloed dikker, wat veroorsaak dat die niere water terughou en die urine wat wél geproduseer word, konsentreer.

Dit veroorsaak dat die bloeddruk daal, wat lei tot 'n verlaging in die volume bloed wat deur die niere vloei. Op hierdie manier word daar meer en meer water teruggehou en die urine word selfs meer gekonsentreer. Op die ou end word daar geen urine meer geproduseer nie.

Wanneer dit gebeur, bestaan daar die gevaar van nierversaking.

Saam met dehidrering raak dors en moegheid al hoe erger. Uiteindelik, wanneer die nierde ophou om urine te produseer, mag die persoon deurmekaar raak en selfs in 'n koma verval, namate die niere versaak.

Daling in bloeddruk

In 'n traumatiese situasie soos 'n aardbewing is daar baie ander faktore wat hierdie proses kan vererger. Skok lei tot 'n verlaagde bloeddruk, wat die onvermydelike proses van nierversaking versnel.

Ander beserings kan bo en behalwe 'n verlaagde bloeddruk ook bloedverlies veroorsaak. Enige borsbesering kan tot asemhalingsprobleme lei.

Nie genoeg lug nie

Party mense gaan dood omdat hulle onder puin begrawe lê en net 'n beperkte hoeveelheid lug het.

Die menslike liggaam is baie kwesbaar, maar ook baie taai, en wonderwerke gebeur partykeer. Cimen, 'n vierjarige Turkse seuntjie is gered nadat hy ná die 1999 aardbewing 140 uur lank onder die puin gelê het.

(Health24, hersien 2011)

Lees verder:
Goue uur om lewens te red

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE