Share

Onvrugbaarheid woordeboek

  • Met kunsmatige inseminasie (KI) kan die man se eie sperma gebruik word. Dit word dikwels gedoen in die geval van matige manlike onvrugbaarheid of ligte endometriose, gewoonlik saam met hormooninspuitings om ovulasie by die vrou te stimuleer. KI is 'n taamlik eenvoudige, nie-ingrypende prosedure wat in jou dokter se spreekkamer uitgevoer word. Dit voel baie soos 'n Pap-toets. As jou maat se sperma gebruik word, lewer hy 'n spermmonster wat in die laboratorium voorberei word. 'n Klein buigbare plastiekbuisie gelei die sperma via die vagina na die baarmoeder.
  • In vitro-bevrugting (IVB) is 'n ingewikkelder proses en behels dat eierselle uit die eierstokke gehaal word. Die dokter spoor met die hulp van 'n sonarbeeld die eierselle in die eierstokke op en oes dan die eierselle met 'n naald via die vagina. Nadat die eiertjies in 'n laboratoriumbakkie met sperma bevrug is, word 'n aantal embrio's in die baarmoeder geplaas.
  • Gameet-oordrag (GIFT) is minder suksesvol as IVB en dus minder algemeen. Terwyl die vrou onder narkose is, word eierselle uit haar eierstokke verwyder met die hulp van 'n laparoskoop. Die spermselle en eiertjies word dan regstreeks in die Fallopius-buise geplaas, waar bevrugting plaasvind en waarvandaan die bevrugte eier na die baarmoeder beweeg.

 

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE