advertisement
23 September 2009

Ontdek die miniblaaskans

Geen tyd vir asemskep nie? Nie 'n oomblik om af te knyp nie? Moenie bekommerd wees nie – vyf minute is al wat jy nodig het om tot verhaal te kom as jou lewe 'n dolle jaagtog is.

0

Geen tyd vir asemskep nie? Nie 'n oomblik om af te knyp nie? Moenie bekommerd wees nie – vyf minute is al wat jy nodig het om tot verhaal te kom as jou lewe 'n dolle jaagtog is.
Deur HEATHER PARKER vir Huisgenoot-POLS

Die lewe is 'n dolle gejaag. Daarom luister jy na die radio terwyl jy bestuur, kyk jy TV terwyl jy eet, beplan jy jou dag in die stort en beantwoord jy selfs jou e-pos terwyl jy oor die foon praat.

Ja, jy kry dalk meer gedoen, maar jy is ook meer gejaag as ooit tevore. Is dit nie tyd dat jy tot stilstand kom (al is dit net vir ’n rukkie) om die helende krag van 'n gereelde mini-blaaskans te ervaar nie?

Die vyf-minute-wonder
Volle bewuswording – om met oorgawe in die oomblik te wees – is die grondslag van alle meditasie-prosesse. Meditasie is dan ook die sleutel tot die soort blaaskans wat jou die beste sal opkikker. Die vinnigste en maklikste manier is deur op een sintuig op 'n slag te fokus – en net vir vyf minute.

Doen dit sommer nou: Hou elke paar uur op met dit waarmee jy besig is en konsentreer vyf minute lank op een van jou sintuie soos hieronder beskryf word. Jou ander sintuie sal natuurlik wil inmeng, maar dis niks om jou oor te bekommer nie. Solank jy jou malende gedagtes rig op jou gekose fokuspunt, sal jy so vars voel soos iemand wat pas geslaap het.

1. Sig
Het jy al gesien hoe babas die kleinste goedjies kan dophou? Die geringste ding trek hul aandag – van blare wat in die sonlig beweeg tot 'n sonbesie wat teen die muur opkruip.

Vind iets wat jou kalm laat voel en fokus daarop – miskien is dit die wolke wat stadig verby die wolkekrabbers daar buite beweeg, dalk is dit 'n weerkaatsing in 'n venster. Gee jou oor aan die ervaring om vir 'n paar minute bloot na een ding te kyk. As jou gedagtes afdwaal, bring hulle terug.

2. Aanraking
Enigiemand wat die een of ander tyd sonder warm water moes klaarkom, sal jou kan vertel watter fantastiese ervaring 'n warm stort kan wees. Gebruik dié ervaring as 'n meditasie- oomblik.

Konsentreer op die warm water – ervaar ten volle hoe dit oor jou lyf vloei. Gebruik 'n seespons, lyfskropmiddel en olyfolieseep en konsentreer op die verskillende sensasies wat jy ervaar.

3. Reuk
Dié sintuig is baie kragtiger as wat jy dink.

Vind 'n sonnige plekkie op die gras en sit vir 'n paar minute daar. Asem die reuk van die gras in, die nat grond en die droë blare, en laat hierdie geure van jou kinderdae jou terugvoer na daardie sorgelose tyd in jou lewe.

4. Smaak
Sit vandag vyf minute ekstra opsy om jou middagete te geniet. Moenie dit by jou lessenaar eet of vinnig afsluk nie, maar gaan sit gemaklik agteroor en geniet elke happie.

Dink oor wat jy eet – en nou praat ons nie van hoeveel kilojoules, vet of suiker dit bevat nie, maar oor hoe jy die smake in jou mond ervaar.

5. Gehoor
Gaan stap buite of staan vroeg in die oggend vyf minute lank op die balkon. Word meegevoer deur al die klanke wat jy hoor. Dalk is dit die gekwetter van voëltjies, 'n hond se geblaf of die gedruis van die verkeer. Luister bloot na die klanke van jou woonbuurt en neem dié tuiswees-gevoel saam met jou vir die res van die dag.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

Lees meer: Beoefen meditasie tuis

 
NEXT ON HEALTH24X
advertisement

Read Health24’s Comments Policy

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Live healthier

Watch out! »

Gross fungal infections you can pick up at the gym

You go to gym to exercise. But make sure the only thing you pick up is a dumbbell and not one of these gross fungal infections.

Holiday health »

Your 10-step asthma holiday checklist

Don’t let asthma ruin your summer holiday. Whether you are travelling or embracing the summer at home, make sure you plan ahead.