Share

Neem osteoporose toe?

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is osteoporose die algemeenste beensiekte. In baie lande is daar 'n groot toename in heupbreuke: Die syfer het die afgelope 30 jaar byna verdubbel.

Twee moontlike redes hiervoor is ons onaktiewe leefstyl en 'n bevolking wat ál ouer word.

"Die grootste bekommernis is dat tot 20 persent van alle mense met ’n heupfraktuur binne 'n jaar sterf weens chirurgiese komplikasies," sê Tereza Hough van die Nasionale Osteoporosestigting van Suid-Afrika.

"En pasiënte wat nie goed kan beweeg nie, loop die gevaar van longontsteking en bloedklonte, veral bejaardes."

Die algemeenste osteoporotiese frakture tas die ruggraat aan en veroorsaak 'n verlies aan lengte, chroniese rugpyn en 'n boggelrug. Volgende op die lys is polsbreuke en laastens heupbreuke.

Ruggraatbreuke vind meestal teen omtrent 60 jaar plaas, veral by vroue.

Polsbreuke vind gewoonlik teen so 50 jaar plaas.

Heupbreuke word veral teen 70 jaar oud 'n probleem.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE