Share

Nasionale Gesondheidsversekering in 2012 aanvaar: Motsoaledi

Gesondheidsminister Dr. Aaron Motsoaledi het aangekondig dat die regering beoog om in die loop van 2012 die wetsontwerp te aanvaar wat Suid-Afrika se voorgestelde nasionale gesondheidsversekering (NGV) sal bekragtig.

Motsoaledi het tydens 'n openbare lesing by die Tshwane Universiteit van Tegnologie gesê dat 'n beleidsdokument na verwagting binnekort aan die Kabinet voorgelê sal word, waarna 'n witskrif vir openbare kommentaar beskikbaar sal wees.

Kritici wat meen dat die NGV nie finansierbaar is nie het hulle kritiek op pryse in die private gesondheidsektor gebaseer.

Motsoaledi het ook gesê dat die private gesondheidstelsel besig is om deur hulle hoë pryse hul eie ondergang te bewerkstellig, en dat die stelsel onvolhoubaar is, tensy die fokus na voorkoming in plaas van genesing verskuif word.

"Ons (die ANC regering) is nie van plan om die private gesondheidsorg-stelsel uit te wis nie. Dit sal van self gebeur," sê hy verder.

In Suid-Afrika word 40% van die totale gesondheidsorg-begroting op 10% van die bevolking spandeer, terwyl die armste 25% van die bevolking net 10% van hierdie bedrag ontvang.

"Wanneer jy siek word, moet daar niemand wees wat geld van jou eis nie."

Mediese fondse tree kortsigtig op wanneer hulle weier om vir 'n jong vrou se voorbehoedmiddels te betaal, maar dan later gedwing word om vir gesondheidsorg te betaal wanneer dieselfde vrou vir 'n mislukte agterstraat-aborsie behandel moet word, meen Motsoaledi. - (Sapa, February 2011)

Lees verder:
‘Nee vir NGV’: Health24 meningspeiling / 'No to NHI': Health24 survey
 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE