Share

'Movember': tyd om 'n snor te kweek!

Die snorseisoen is hier! Movember (die maand wat voorheen as November bekendgestaan het) het aangebreek, en dit is tyd om 'n snor te groei om te help om fondse in te samel en mense bewus te maak van mansgesondheid, en veral prostaatkanker.

Die idee vir Movember het in 2003 oor 'n paar biere in Melbourne, Australië, posgevat. Die ouens wat die konsep uitgedink het, het grappe gemaak oor die modes van die tagtigerjare en besluit dit is tyd om die snor te laat herleef. Om hulle "Mo's" ('n Australiese uitdrukking vir snor) te regverdig, het hulle hul nuwe voorkoms gebruik om geld in te samel vir prostaatkanker-navorsing en het nooit gedroom dat hulle snorre uiteindelik tot 'n globale beweging sou lei, wat mans sou aanmoedig om oor 'n taboe-onderwerp – hul gesondheid – te praat nie.

Na sy beskeie oorsprong in Melbourne het Movember gegroei en tot 'n ware globale beweging ontwikkel, wat tot op hede meer as 1.1 miljoen Mo Bros en Mo Sistas (vroue wat hulle mans ondersteun) aangespoor het om deel te neem.

Word 'n Mo Bro

'n Mo Bro begin die maand Movember met ’n gladgeskeerde gesig en laat die hele maand lank sy snor groei, en kry ondersteuning van sy vriende en familie in die vorm van donasies. En wat meer is, 'n Mo Bro is 'n wandelende advertensie vir die saak omdat sy nuwe voorkoms die deur vir hom oopmaak om oor kankers wat mans kry, te praat. Dit maak die snor 'n simbool, net soos die pienk lint die simbool vir borskanker is.

Terwyl die mans hulle snorre groei, speel die Mo Sistas 'n belangrike rol deur nuwe Mo Bros te werf, te help om fondse in te samel en Movember byeenkomste by te woon.

Suid-Afrikaanse Mo Bros en Sistas kan hulle wêreldwye eweknieë bystaan deur hulle gesigte beskikbaar te stel en hulle snorre ten bate van die Kankervereninging van Suid-Afrika (Cansa), en die boodskap oor die vroeë ontdekking van kanker by mans, te kweek.

In 2010, het byna 10 000 Suid-Afrikaanse Mo Bros en Mo Sistas deelgeneem en R1.3 miljoen ingesamel. In 2010 het 447 000 Mo Bros en Sistas dwarsoor die wêreld deelgeneem en daar is meer as R538 miljoen ingesamel.

Vinnige feite oor prostaatkanker 

  • Die mees algemene kanker by mans in Suid-Afrika is prostaatkanker.
  • In Suid-Afrika sal 1 uit elke 23 mans gedurende hul leeftyd met prostaatkanker gediagnoseer word.  
  • Mans het 'n 40% groter kans as vroue om aan kanker te sterf.
  • Meer as 4 000 gevalle van prostaatkanker word elke jaar gediagnoseer en meer as 2 500 mans sal daaraan sterf.
  • In Suid-Afrika is testikulêre kanker die mees algemene kanker by jong mans tussen die ouderdomme van 15 en 35, maar dit kan enige man op enige ouderdom tref.
  • Rook is die grootste oorsaak van kanker ter wêreld en meer as 44 000 Suid-Afrikaners sterf elke jaar aan tabakverwante siektes.

Wees proaktief

Alle mans behoort in hul gesondheid te belê deur te leer hoe om kanker wat mans kry vroeg te ontdek. Cansa moedig mans aan om proaktief te wees deur middel van gereelde selfondersoeke en Prostaatspesifieke Antigeenondersoek (PSA) bloedtoetse.

Mans van 15 tot 40 behoort elke maand hulle testikels te ondersoek, verkieslik ná 'n bad of stort, om te voel of daar nie dalk ertjiegrootte klonte is wat testikulêre kanker kan aandui nie, en mans oor 50 moet elke jaar 'n eenvoudige toets vir prostaatkanker ondergaan.

Help om kanker te beveg deur jou snor te groei en die boodskap te verkondig dat kanker by mans vroeg ontdek moet word.

So maak mens

Word 'n burger van Movember deur hier te registreer (insluitend Mo Bros wat reeds in 2010 geregistreer het), en samel fondse in deur jou e-pos adres voor te lê, 'n donasievorm af te laai en jou reg te maak om jou beste Suid-Afrikaanse snor te groei. Jy kan ook 'n span by jou werkplek, sportklub of onder jou vriende bymekaarkry en kyk wie die mooiste snor kan groei en die meeste geld kan insamel. Fondse wat ingesamel word, word aan programme oorhandig wat direk deur Movember en Cansa bestuur word.

Vir meer inligting oor Movember, klik hier.

Sluit aan by die Movember SA Facebook page, volg die Mo Bros on Twitter, of laai die nuwe Movember app vir jou foon af. Jy kan ook aan die Moscars deelneem, 'n videokompetisie om die beste Movember-video en die beste Movember musiekvideo te vind.

- (Saamgestel deur Birgit Ottermann, Health24, November 2011)

Lees verder:

Wat jy nie weet nie kan jou doodmaak
Die gevreesde prostaatondersoek
10 interessante feite oor prostaatkanker
Prostate condition centre

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE