Share

Molluscum (molluscum contagiosum)

Dié virusbesmetting van die vel veroorsaak duidelike, opgehewe, pêrelgrys puisies van 1 tot 5 mm in deursnee en kan op enige plek aangetref word. Daar kan net 'n paar puisies wees of 'n paar honderd.

Molluscum word maklik oorgedra. Dit is nie pynlik nie, maar lyk onaantreklik. Die enigste werklike gevaar is wanneer die oë deur die uitslag daar rondom aangetas word. Kinders met immuniteitsgebreke, soos dié wat MIV-positief is, kan kwaai molluscum ontwikkel.

Behandeling: Molluscum verdwyn gewoonlik met verloop van tyd, maar as dit lastig is of as daar baie kolle is, is dit tyd vir 'n dokter. Salisielsuur kan op die seerplekke aangesmeer word.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE