Share

Mans en bevogtigers

Die dae toe mans nog kon beweer dat die woorde "man" en "bevogtiger" nooit in dieselfde sin gebruik sou word nie, is lank reeds verby. Om die waarheid te sê, geen selfrespekterende moderne man behoort deur die lewe te gaan sonder ten minste 'n basiese begrip van velsorg nie. Velsorg behels meer as om net soggens 'n bietjie naskeermiddel aan te plak.

'n Effektiewe velsorg-roetine sal hoogstens 'n paar minute van jou dag in beslag neem, en jou help om 'n gesonde, ferm en jeugdige vel te behou, selfs in jou skemerjare. Daar is egter genoeg velsorg-produkte vir mans op die mark om enige nuweling heeltemal deurmekaar te maak. Maar moenie bekommerd wees nie. Met net 'n paar basiese wenke sal jy binne 'n japtrap gereed wees om jou nuwe, gesonder vel aan die wêreld te vertoon.

Vel-tipes

Begin deur vas te stel watter vel-tipe jy het.

Droë vel voel styf, skilferagtig en... nou ja, droog, as jy daaraan raak. As dit baie sensitief is, kan dit maklik ontsteek, geïrriteer, prikkelend of jeukerig raak met rooierige kolle.

Olierige vel laat olierige merke op 'n sneesdoekie as jy jou gesig daarmee afvee wanneer jy soggens opstaan. Jou gesig sal neig om blink te lyk en jy mag aan aknee ly.

As jy 'n kombinasie vel het, is party dele van jou vel – gewoonlik om die neus en op die voorkop – olierig, terwyl ander dele – die wange en om die oë – droog is.

Elkeen van hierdie verskillende vel-tipes vereis verskillende velsorg-produkte en as jy nie seker is oor joune nie, hoekom gesels jy nie met 'n opgeleide velkonsultant wanneer jy weer 'n winkel met 'n velsorg afdeling besoek nie? Hulle sal jou kan raadgee oor die beste produkte vir jou vel.

Drie maklike stappe

Leer die drie klassieke stappe van ’n goeie velsorg-roetine: reinig, kondisioneer ("tone") en bevogtig. As jy stadig wil begin, kry miskien eers net 'n bevogtiger, en voeg dan 'n reiniger by wanneer die idee nie meer so vreemd is nie. Maar ek is seker dat die proses soveel pret sal wees, dat jy binne 'n paar weke die hele drie-stap-program onder die knie sal hê.

So, hier's wat jy elke oggend en aand moet doen: 

  • Reinig. Moenie jou gesig met dieselfde seep was as wat jy vir die res van jou liggaam gebruik nie. Dit sal al die belangrike natuurlike olies uitwas en jou vel uitdroog. Gebruik liewer 'n sagte reiniger. Kies 'n gesigreiniger wat by jou vel-tipe pas. Maak jou vel met warm water nat en vryf die reiniger met sirkelvormige bewegings daaroor. Gee veral aandag aan die voorkop en neus, en spoel af. Jy kan hierdie stap doen wanneer jy in die stort is. Jy kan ongeveer een keer per week ’n "scrub" doen – jy was jou gesig met 'n reiniger met growwe korreltjies wat dooie velselle verwyder en jou vel mooi glad maak.
  • "Tone". Hierdie stap raak ontslae van enige oorblywende reiniger op jou vel. Dit maak ook jou porieë skoon en verklein dit tydelik. Plaas die "toner" op 'n watteballetjie of doekie en vee dit oor jou gesig, veral oor die kante van jou neus en voorkop.
  • Bevogtig. Maak seker dat jy dit so gou as moontlik doen nadat jy jou vel gereinig en gekondisioneer het. Indien moontlik, kies 'n bevogtiger met 'n bygevoegde sonbeskermingsfaktor (SPF 15 is in die haak). 'n "Druppel" so groot soos 'n ertjie behoort genoeg wees om jou hele gesig te bevogtig.

Top wenke

  • Probeer verskillende produkte om te sien wat vir jou werk.
  • As jy hare verloor of bles is, moenie vergeet om al die oop dele van jou kopvel by jou velsorg-roetine in te sluit nie.
  • Ja, jy kan jou vrou of meisie se produkte gebruik, maar miskien verkies jy iets met 'n meer neutrale of manlike geur – en miskien sal sy ook nie daarvan hou om haar skoonheidsprodukte op 'n permanente grondslag met jou te deel nie.
  • Koop velsorg-produkte met natuurlike bestanddele waar moontlik. Dis nie 'n goeie idee om jou gesig vol sintetiese chemikalieë te smeer nie.
  • Moenie van die res van jou liggaam vergeet nie. Dele wat voordeel kan trek uit gereelde aandag sluit in: jou nek (gebruik dieselfde bevogtiger as vir jou gesig), lippe (lipbevogtiger), elmboë (bevogtigende lyfroom) en hande (nie-vetterige handeroom).
  • As jy twyfel, vra 'n vrou. Sy sal die meeste van jou velsorg-vrae kan beantwoord.

(Andrew Luyt, Health24, Julie 2011)

Lees verder:
Velsorg-produkte vir mans
5 essensiële vel-wenke vir mans
Pas jou vel op
 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE