Malaria
Kies so die regte teenmalaria-medisyne
- Malarone (Malanil). Dit het baie min newe-effekte, maar is die duurste van die drie middels wat tans op die mark beskikbaar is.
- Meflokien (Mefliam/Lariam). Dis die enigste keuse vir swanger reisigers. Bly weg daarvan as jy aan depressie, angstigheid of epileptiese aanvalle ly.
- Doksisiklien. Dis baie doeltreffend en taamlik goedkoop, maar kan son-sensitiwiteit en sooibrand veroorsaak en mondelikse voorbehoedmiddels minder doeltreffend maak.
Bonuswenke
- Al drie middels hierbo is 90 persent of meer doeltreffend, maar niks werk 100 persent teen malaria nie. Gaan dus dokter toe as jy siek voel ná ’n besoek aan ’n malariagebied.
- Kinders onder vyf en swanger vroue moet liefs glad nie malariagebiede besoek nie.
(Huisgenootbrokkies)