Share

Lukas Maree sterf aan prostaatkanker

Na 'n stryd van twee jaar teen kanker is sanger/liedjieskrywer Lucas Maree op 19 Februarie in 'n hospitaal in Bloemfontein oorlede. Maree is in 2009 met prostaatkanker gediagnoseer en word oorleef deur sy vrou Ilse en hulle drie dogters.

Simptome van prostaatkanker

Prostaatkanker is een van die mees algemene vorms van kanker by mans en dit is raadsaam om jou geneesheer te raadpleeg indien jy enige van die volgende simptome ondervind:

  • Onvermoë om te urineer
  • Moeilike urinering
  • Bloed in die urine
  • Urinêre inkontinensie  
  • Urineweg-infeksie of ander komplikasies van goedaardige prostaatvergroting
  • Nierprobleme

Gaan sien jou dokter indien jy enige van die bostaande simptome ondervind.

Let op die volgende

Die akute (skielike) onvermoë om te urineer is pynlik en beteken dat jy 'n dokter of hospitaal móét besoek. Moeilike urinering ontwikkel stadig en kan tot 'n swakker stroom en uiteindelike inkontinensie lei.

Wanneer dit gebeur, word die blaas nooit heeltemal leeg nie, wat tot obstruktiewe nierversaking en ander komplikasies soos infeksies of stene kan lei.

Daar moet nooit eenvoudig aanvaar word dat bloed in die urine die gevolg van prostatiese vergroting is nie, ten minste nie voor alle meer ernstige oorsake, soos blaaskanker, uitgeskakel is nie.

Enige man oor 50 moet jaarliks vir 'n prostaatondersoek gaan om seker te maak hy het nie prostaatkanker nie. Swart mans, wat 'n hoër risiko vir hierdie soort kanker het, en mans met 'n familiegeskiedenis van prostaatkanker moet liefs reeds op 40 met ondersoeke begin. Die doel van jaarlikse prostaatondersoeke is om prostaatkanker vroeg te diagnoseer terwyl dit nog genees kan word.

Vroeë prostaatkanker is gewoonlik heeltemal asimptomaties. Mans wat voorheen chirurgie vir goedaardige prostaatvergroting (d.w.s. transuretrale of oop prostatektomie) ondergaan het, is nie gevrywaar van die risiko vir prostaatkanker nie.

Prostaatkanker ontwikkel gewoonlik in die buitenste deel van die klier, wat nie gedurende operasies vir goedaardige prostaatvergroting verwyder word nie.

Hoe gesond is jou prostaat?

Is jy oor 40? Die volgende is vroeë simptome van prostaatprobleme:

  • Hardnekkige beenpyn
  • Gewigsverlis of 'n swak aptyt
  • Algemene pyn in jou kruis, heupe of dye
  • Pyn wanneer jy ejakuleer
  • Bloed in jou urine
  • Meermalige urinering gedurende die nag
  • Die gevoel dat jou blaas nooit heeltemal leeg is nie
  • Swak urinevloei
  • Pyn gedurende urinering
  • 'n Konstante behoefte om te urineer
  • 'n Algemene dowwe pyn in jou in die onderste deel van jou bekken
  • Moeite om te begin urineer

Lees verder:
Wat kan skeefloop met die prostaat?
Die prostaat

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE