Share

Laat jou troeteldier steriliseer

Jy verstaan dat dit belangrik is om jou troeteldier te laat regmaak om ongewenste werpsels hondjies of katjies te vermy. Maar jy het twee tefies wat agter 'n sesvoet muur woon en nooit sonder die toesig van hulle eienaar uitgaan nie. Daar is geen kans dat hulle dragtig kan raak nie. Is dit regtig nodig om hulle te laat steriliseer?

"Ja, jy moet jou troeteldier laat steriliseer, selfs al is daar geen kans dat hulle kan aanteel nie," sê Dr. Aletta Bryant, 'n veearts van die Raslouw Veeartskliniek in Centurion, Gauteng. "Sterilisasie is goed vir jou troeteldier se gesondheid en kan ook ongewenste gedrag verhoed."

Hier is 'n paar redes hoekom dit goed is om jou troeteldier te laat steriliseer:

  • Die mees ooglopende redes in die geval van tewe is sodat hulle nie jou huis bevuil en mannetjieshonde aanlok nie. Deur jou teef te steriliseer, vermy jy ook die veranderinge in temperament wat met "op hitte wees" gepaard gaan en tot hondegevegte kan lei. Gedragsveranderinge gedurende hitte affekteer ook die mannetjieshonde in die gebied, aangesien hulle dikwels aggressief en opgewonde raak, en die waarskynlikheid dat hulle by gevegte betrokke kan raak, groter is.
  • Tewe wat op hitte raak, maar nooit kleintjies kry nie, het die risiko van infeksie van die baarmoeder. As dit gebeur, moet dié orgaan verwyder word, en om 'n hond wat reeds siek is, te steriliseer, kan lewensgevaarlik vir die dier wees. 
  • Mannetjieshonde wat op ’n vroeë ouderdom (6 maande) gesteriliseer word, sal neig om minder rond te loop, aggressie te toon, mense se of voorwerpe te probeer dek of onbeheers urineer. As hulle eers wanneer hulle ouer is, gesteriliseer word (2 of 3 jaar), het hulle moontlik reeds party van hierdie gewoontes ontwikkel, wat hulle waarskynlik vir die res van hulle lewens sal behou.   
  • As jy jou hond op 'n vroeë ouderdom steriliseer, verlaag jy ook sy kanse om goedaardige prostaat hiperplasia te ontwikkel, 'n vergroting van die prostaatklier by mannetjieshonde.
  • Dit is ook wys om jou kat te laat steriliseer. As jou kat op ’n vroeë ouderdom gesteriliseer word (6 maande), is die kanse kleiner dat die dier sal rondloop of onbeheers urine sproei. Soos in die geval van honde, hoe langer jy wag voor jy dit laat doen, hoe groter is die kans dat hulle hierdie gewoontes sal ontwikkel.

Op watter ouderdom kan jy jou troeteldier laat steriliseer?

Bryant raai aan dat jy jou teef laat steriliseer voor sy die eerste keer op hitte raak, aangesien dit die risiko vir melkklierkanker verlaag.

Sy stel voor dat die beste ouderdom om jou troeteldier te laat steriliseer – katte en honde, mannetjies en wyfies – ses maande is. "Dan is hulle reeds sterk genoeg om die narkose te hanteer, en dit is ook vóór tewe die eerste keer op hitte raak," sê Bryant.

Sal sterilisering my troeteldier verander?

Dit is moontlik dat jou troeteldier ná sterilisering party veranderinge sal ondergaan. Sterilisering laat tewe dikwels gewig aansit, maar dit kan beheer word deur die regte kos en gereelde oefening. By mannetjieshonde mag sterilisering daartoe lei dat die hond later in sy lewe gedeeltelik beheer oor sy blaas verloor. Dit kan egter met medikasie behandel word, sê Bryant.

Wat gedragsverandering betref, sê Bryant dat sterilisering nie 'n troeteldier se persoonlikheid verander nie – die dier mag miskien net minder aggressief raak namate die liggaam minder testosteroon produseer. Gesteriliseerde diere word gewoonlik minder aktief en meer huisgebonde, wat dit makliker maak om hulle te beheer en op te lei.

In die geheel weeg die voordele van sterilisering heelwat swaarder as die moontlike veranderinge wat mag plaasvind.

- (Wilma Stassen, Health24, Augustus 2011)

Het jy 'n vraag? Vra vir CyberVet

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE