Share

Kweek 'n snor vir Movember

Movember (die maand wat altyd as November bekendgestaan het) is met ons, en dit is tyd om ’n snor te groei om te help om fondse in te samel, én om die algemene bewustheid van mansgesondheid te stimuleer - met die klem op prostaatkanker.

Die idee vir Movember het in 2003 oor ’n paar biere in Melbourne, Australië ontstaan en die woord Movember verwys na 'n "Mo", die Australiese woord vir 'n snor.

Die ouens wat dit begin het, was besig om grappige kommentaar oor die modes van die tagtigerjare te lewer, toe hulle besluit het om die snor te laat herleef. Om hulle Mo’s te regverdig, het hulle hul nuwe voorkoms gebruik om geld in te samel vir prostaatkankernavorsing, sonder die vaagste vermoede dat dit uiteindelik tot ’n wêreldwye beweging sou lei wat mans sover sou kry om oor ’n taboe-onderwerp – hulle gesondheid – te begin praat.  

Word ’n “Mo Bro”

’n “Mo Bro” begin “Movember” met ’n skoongeskeerde gesig en laat dan vir die res van die maand sy snor groei, en kry in die proses ondersteuning van sy vriende en familie in die vorm van donasies. Wat tot die sukses van die veldtog bydra, is die feit dat ’n “Mo Bro” ’n wandelende advertensie vir die saak is, aangesien sy nuwe voorkoms hom die geleentheid gee om oor die soorte kanker wat mans aantas, te praat – wat die snor ’n simbool daarvan maak, net soos die pienk lint die simbool vir borskanker is.  

Terwyl die mans snorre kweek, vorm die “Mo Sistas” (vroue wat hulle mans ondersteun) ’n belangrike deel van Movember deur “Mo Bros” te werf, te help met fondsinsameling en Movember-geleenthede by te woon.  

Suid-Afrikaanse Mo Bros en Sistas kan hulle 250 000 wêreldwyd-geregistreerde eweknieë bystaan deur hulle gesigte beskikbaar te stel en hulle snorre te laat groei ten behoewe van die Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa), en hulle boodskap dat manskankers vroeg ontdek moet word, uit te dra.

Die 2009 Movember-veldtog het meer as R 240 000 ingesamel met die hulp van oor die 1 500 geregistreerde Suid-Afrikaanse Mo Bros & Sistas, en al die fondse is aan Cansa se mans-gesondheidsprogramme, insluitende Cansa tussentydse tuistes (Hope Lodges), algemene bewustheid en vroeë ontdekkingsprogramme, oorhandig.

Wees proaktief

Alle mans moet in hulle gesondheid belê deur te leer hoe om manlike kankers vroeg te ontdek. Cansa moedig mans aan om proaktief te wees deur middel van self-ondersoeke en om Prostaat-spesifieke Antigeen (PSA) bloedtoetse te ondergaan.

Mans van die ouderdom van15 tot 40 jaar moet ook elke maand hulle testikels ondersoek, verkieslik na ’n bad of stort om te voel of daar nie dalk enige ertjie-grootte knoppe is nie, wat ’n aanduiding van testikulêre kanker kan wees. 

Mans oor die ouderdom van 50 moet elke jaar vir ’n eenvoudige toets gaan om vas te stel of hulle nie dalk prostaatkanker, die mees algemene kanker onder Suid-Afrikaanse mans, asook wêreldwyd, het nie. Die risiko oor ’n leeftyd vir Suid-Afrikaanse mans om prostaatkanker te ontwikkel, is een uit 23.

Cansa se doel is om die stryd teen kanker in Suid-Afrika te lei en sodoende lewens te red. 

Help om kanker beveg deur jou snor te laat groei, om die boodskap oor die vroeë ontdekking van manlike kankers uit te stuur. 

So doen jy dit

Word ’n burger van Movember deur hier te registreer (dit sluit Mo Bros in wat alreeds in 2009 geregistreer het), en samel fondse in deur jou e-pos adres te verskaf, ’n donasievorm af te laai en om te begin om ’n trotse Suid-Afrikaanse snor te kweek! Jy kan ook ’n span by jou werkplek, sportklub of onder jou vriende bymekaarkry en kompeteer vir die indrukwekkendste snor en die grootste hoeveelheid ingesamelde geld.

Vir verdere inligting oor Movember, kliek hier

Sluit aan by die Movember Facebook bladsy en volg die Mo Bros op Twitter.

Health24  het alreeds begin met Movember-pret. Besoek ons galery hier.

Lees meer:

Die gevreesde prostaat-ondersoek
Prostaat mediese sentrum

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE