Kanker
Beskerm jou vrugbaarheid teen bestraling en chemoterapie
- As jy ’n man is en bestraling of chemoterapie moet ondergaan wat jou vrugbaarheid kan aantas, kan jy jou spermselle vooraf laat vries. Gesels met jou dokter oor jou opsies.
- Vroue wat kankerbehandeling moet ondergaan, kan vooraf eierselletjies en binnekort ook eierstokweefsel laat vries. Die eerste babas van ma’s wat hul eierselletjies laat vries het, is onlangs in Suid-Afrika gebore.
- ’n Egpaar kan ook voor kankerbehandeling die vrou se eierselletjies in die laboratorium met die man se spermselle laat bevrug en die embrio’s wat so gevorm word, laat vries.
Bonuswenke
- Ál hoe meer behandelings vir kanker wat skade aan die voortplantingstelsel beperk, word beskikbaar. Gesels met jou dokter hieroor voor die behandeling begin.
- Jong kankerpasiënte moet soveel inligting moontlik oor hul toekomstige vrugbaarheid inwin voor hul behandeling begin.
(Huisgenootwenke)