Share

Kanker 'n familiekwaal

Deur die onderliggende genetiese faktore van kanker uit te lig, het 'n nuwe studie aan die lig gebring dat nouverwante familielede van vroue, wat vóór die ouderdom van 35 met borskanker gediagnoseer word, self 'n hoër risiko vir die ontwikkeling van borskanker en 'n reeks ander kankers het.

In wat volgens navorsers van die University of Melbourne, tot op datum, die grootste bevolking-gebaseerde studie van sy soort was, blyk dit dat die pa's, broers, ma's en susters van borskanker-pasiënte wat onder 35 is – in verskillende grade – 'n groter risiko vir bors-, prostaat-, long-, brein- en urinekanaal-kanker het.

Die skrywers van hierdie studie het vasgestel dat hierdie ouderdomsgroep omtrent een uit elke 40 gevalle van borskanker in Australië verteenwoordig.

"Ons wou uitvind wat die vroeë verskyning van borskanker by hierdie vroue veroorsaak het, en dit het uitgeloop op 'n paar heel onverwagte resultate rakende hulle familielede," sê hoofskrywer John Hopper, direkteur van navorsing by die Centre for Molecular, Environmental, Genetic and Analytic Epidemiology aan die University of Melbourne, Australië, in 'n onlangse nuusvrystelling deur die universiteit.

"Die resultate dui daarop dat daar moontlik onontdekte genes mag wees wat borskanker by hierdie jong vroue veroorsaak, en moontlik ander soorte kanker in hulle families," voeg hy by.

Die studie

Hopper en sy kollegas het hul bevindings in die British Journal of Cancer gepubliseer. Die aanduiding dat daar dalk 'n nuwe genetiese kankersindroom mag wees, spruit uit werk wat gefokus is op 2,200 ouers, broers en susters van 500 Australiese, Kanadese en Amerikaanse borskanker-pasiënte, wat almal vóór die ouderdom van 35 gediagnoseer is.

Families wat draers van beduidende geen-abnormaliteite is, wat duidelik die risiko vir kanker verhoog (BRCA1 en BRCA2), is nie in die studie ingesluit nie.

Die navorsers het bevind dat in die oorblywende groep, die pa's en broers van borskankerpasiënte 'n vyf keer hoër risiko vir prostaatkanker het.

Ma's en susters het dubbel die risiko vir ovariese kanker en vier keer die risiko vir borskanker.

Volgens die bevindings van die navorsingspan het nouverwante familielede, in die geheel gesien, 'n drievoudige risiko om breinkanker te ontwikkel, 'n agtvoudige risiko vir longkanker en vier keer die risiko om urinekanaal-kanker te ontwikkel.

Wat die bevindings beteken

"Die resultate van hierdie studie kan wetenskaplikes help om nuwe kanker-vatbaarheid genes te ontdek, wat die risiko van vroeë-aanvang- en ander soorte kanker binne sekere families verduidelik," meen Hopper. "Ons volgende stap is om omvangryker studies te loods om hierdie resultate duideliker en geloofwaardiger te maak."


(Kopiereg © 2010 HealthDay. Alle regte voorbehou.) 

 

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE