Share

Kan ’n kolwyntjie help om diabetes te diagnoseer?

’n “Kolwyntjie-toets” mag dalk help om abnormale glukosetoleransie en diabetes te diagnoseer, volgens ’n nuwe studie.

Navorsers wat hierdie nuwe verslag geskryf het, wonder of mense nie dalk sou verkies om aan ’n kolwyntjie (muffin) te smul as om ’n orale glukose toleransie toets te ondergaan nie – en of ’n kolwyntjie-toets nie miskien ’n beter aanduiding sou gee van hoe die liggaam normale kos hanteer nie.

Dr. Michael Traub van die Albert Einstein College of Medicine in die Bronx, New York, wat aan die studie gewerk het, het opgelet dat die oplossing wat in die orale glukose toleransie toets (OGTT) gebruik word baie mense laat siek voel. ’n Kolwyntjie is meer soortgelyk aan wat mense in werklikheid eet – en dit mag dalk net ’n meer akkurate toets wees,” sê hy.

Die bevindings dui aan dat die kolwyntjie-toets vroue met abnormale glukose toleransie kan diagnoseer, en dat dit goedkoper as die standaard suikerdrankie is. Maar ’n diabetes navorser wat nie by die studie betrokke was nie het gewonder of so ’n toets inderdaad sou werk – en hoe geskik dit in die eerste plek sou wees.

’n Mens kry allerhande soorte kolwyntjies, sê dr. William Herman, direkteur van die Michigan Diabetes Research and Training Center in Ann Arbor – en die oplossing wat pasiënte in die glukose toleransie toets drink is presies vasgelê.

"Om dwarsoor die VSA en die wêreld ’n standaard kolwyntjie te kry, sou problematies wees,” sê dr. Herman. “Die OGTT, is waarskynlik geriefliker,” sê hy. Glukose-oplossings het ook ’n langer raklewe. En ons weet presies wat dit bevat.” 

Abnormale glukose-reaksie

Die huidige studie het 73 vroue in hul 40’s en 50’s gebruik. Ná ’n oornag vas het elke vrou ’n kolwyntjie van ’n plaaslike bakkery geëet – daar was ’n verskeidenheid geure, insluitende ‘chocolate chip’, mielie en bloubessie.

Twaalf vroue het ook ’n OGTT ondergaan en tien ’n gemengde maaltyd toleransie toets. Die hoof uitkomsmaatstawwe was die voorkoms van versteurde glukose toleransie en –glukosevlakke twee uur na elke soort toets. 

In meervoudige liniêre regressie is glukosevlakke na twee uur liniêr met vas-vlakke vergelyk – met verhoogde vlakke by oorgewig vroue. 

Volgens die outeurs het die glukosevlakke van die verskillende toetse ná OGTT goed met mekaar vergelyk, asook ná gemengde maaltyd toleransie toetse. Die twee-uur glukosevlakke was egter ná OGTT effens laer as ná die gemengde maaltyd toleransie toets. 

Die kolwyntjie-toets het versteurde glukose toleransie in agt van die 73 vroue vasgestel – en ’n gewone bloedtoets ná ’n vas-periode sou meer as die helfte nie gediagnoseer het nie, het die navorsers op 19 September in Menopause berig.  

Kolwyntjies goedkoper  

Dr. Traub en sy kollegas het gemeld dat ’n kolwyntjie, wat ongeveer een dollar kos, goedkoper is as ’n bottel glukose oplossing van vyf dollar, en skynbaar niemand laat naar voel nie. 

Hy sê ook dat die toets, selfs met redelike variasies in kolwyntjies van plek tot plek, waarskynlik konstante resultate sal oplewer – maar dat omvangryker studies nodig is om dié teorie te bevestig. 

Dr. Herman is egter steeds skepties. Hy sê: “Ons huidige toets-tegnieke is standaard, en ek dink om nou te debatteer oor ons toetsmetodes, en of ons kolwyntjies of koekies of lekkers moet gebruik, trek die aandag af van die feit dat mense getoets en behandel moet word indien hulle probleme het.” 

 - (Reuters Health, Genevra Pittman, Oktober 2011)

Besoek die Diabetes Sentrum vir meer inligting oor diabetes en abnormale glukosetoleransie.

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE