Share

Kan koeibloed straks jou lewe red?

In 'n noodgeval of in die operasieteater is bloed 'n kosbare hulpmiddel. As 'n mens in aanmerking neem dat daar gedurig 'n landwye bloedtekort is, kan jy verstaan hoekom gesondheidsorgspanne nie eens 'n druppel wil mors nie. Gelukkig is daar lig aan die einde van die tonnel.

Nee, dis nie die een of ander nuwe wondermiddel of baanbreker-chirurgie nie. Dis koeie. Hulle kan ons dalk help om mediese pionierswerk te doen – en Suid-Afrika is aan die voorpunt van dié navorsing.

Die produk word Hemopure genoem – ontwikkel deur 'n maatskappy met die naam Biopure – en is gebaseer op gestabiliseerde bees-hemoglobien, 'n sintetiese alternatief vir die menslike soort.

Maar is dié suurstofdraende proteïen so doeltreffend soos die ware Jakob wat natuurlik in rooibloedselle voorkom? Nie heeltemal nie, aangesien party mense sleg daarop kan reageer. Nogtans het dit betekenisvolle voordele in vergelyking met bergbare bloedprodukte. Volgens die vervaardigers bly Hemopure tot 36 maande stabiel teen kamertemperatuur, vereis dit geen verkoeling of verhitting nie en is dit geskik vir alle bloedgroepe.

(Hierdie is 'n geredigeerde weergawe van 'n artikel wat oorspronlik in Huisgenoot-POLS / YOU Pulse verskyn het. Die jongste uitgawe is nou op die rakke.)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE