Share

Is stem 'n voorspeller van ontrouheid?

Navorsers het bevind dat wanneer vroue 'n lewensmaat kies, hulle glo dat hoe dieper die man se stem, hoe groter die kans dat hy hulle gaan verkul. Omgekeerd glo mans dat 'n vrou met 'n hoër stem meer geneig sal wees om ontrou te wees.

Die studie wat in die nuutste uitgawe van die aanlyn joernaal Evolutionary Psychology verskyn, is die eerste een wat die skakel tussen stemtoonhoogte en persepsie van ontrouheid ondersoek, en wat ook insig bied in die evolusie van die menslike stem en hoe ons ons metgeselle kies.

"In terme van seksuele strategie het ons gevind dat mans en vroue stemtoonhoogte as 'n waarskuwingsteken van toekomstige ontrouheid gebruik. Dus, hoe aantrekliker die stem – 'n hoër toonhoogte vir vroue en 'n laer een vir mans – hoe hoër die waarskynlikheid dat hy of sy ontrou sal wees," sê Jillian O'Connor, 'n nagraadse student in die Departement van Psigologie, Neurowetenskap & Gedrag by McMaster University, en die hoofouteur van die studie.

Ontrouheid is duur

"Ontrouheid kom 'n mens duur te staan met die emosionele impak, finansiële implikasies en potensiële verbrokkeling van die familie-eenheid. Maar dit impliseer dat ons deur die evolusionêre proses as 'n beskermingsmeganisme maniere gevind het om moontlike ontroue metgeselle te vermy," voeg sy by.

Deelnemers aan die studie is gevra om na twee weergawes van opnames van 'n manlike en vroulike stem te luister wat elektronies gemanipuleer is om die toonhoogte laer en hoër te maak. Hulle is agterna gevra watter een uit elke groep meer geneig sou wees om hulle romantiese metgesel seksueel te verkul.

"Die rede hoekom stemtoonhoogte die persepsie van ontrouheid beïnvloed, het waarskynlik te doen met die verhouding tussen toonhoogte, hormone en ontrouheid," verduidelik David Feinberg, 'n medeprofessor in die Departement van Psigologie, Neurowetenskap en Gedrag, en 'n raadgewer betrokke by die studie. "Mans met hoër testosteroonvlakke het dieper stemme en vroue met hoë estrogeenvlakke het hoër stemme. Hoë vlakke van hierdie hormone word met ontrouheid geassosieer en ons bevindings dui aan dat mense in 'n mate bewus is van hierdie skakel en dit in hul soeke na 'n romantiese metgesel mag gebruik." - (EurekAlert!, Maart 2011)

Lees verder:
Kuberseks – is dit ontrouheid?

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE