Share

Is jy 'n gesonde man?

Is daar enige maklik-herkenbare tekens wat aandui dat jy ’n gesonde kêrel is? Natuurlik is gereelde mediese ondersoeke deur ’n gekwalifiseerde dokter van kardinale belang – hy/sy sal altyd onder andere jou bloeddruk, cholesterol, beendigtheid en bloed-chemikalieë toets, maar wat doen jy as jy net op ’n daaglikse grondslag jou gesondheid wil dophou?  

Hier is ’n paar eenvoudige, maar effektiewe aanduiders van hoe fiks jy eintlik is – wat jy maklik self kan monitor:

1. Polsslag

Jou rustende polsslag, dit wil sê die aantal kere wat jou hart per minuut klop wanneer jy in ’n rustende toestand is, is ’n uitstekende aanduider van jou algehele fiksheid. Druk eenvoudig jou wys- en middelvingers teen jou pols of nek, tel die aantal slae in 15 sekondes en maal dit met vier.  

Dit varieer volgens ouderdom, maar ’n rustende polsslag van enigiets tussen 60 en 100 word oor die algemeen as normaal vir volwassenes beskou.

2. Vingernaels

Moenie bekommerd wees nie; ons gaan nie ’n pedikuur vir jou bespreek nie. Deur eenvoudig na jou vingernaels te kyk, sal vir jou ’n goeie aanduiding van jou algemene gesondheid gee. Hulle behoort ferm, pienk en glad te wees. Moet jou nie oor ’n paar dowwe kolle of riffels wat van die naelvlies na jou vingerpunte loop, bekommer nie, maar wees op die uitkyk vir bros naels, naels wat boontoe kurwe soos ’n lepel en naels met horisontale groewe, riffels en kepe.

3. Hare

Blink hare is goed, maar dowwe, bros, lewelose en grys hare kan ’n aanduiding van ’n swak dieet wees.

4. Vel

’n Gesonde vel is elasties, alhoewel dit minder soepel raak namate ’n mens ouer word. Knyp die vel aan die agterkant van jou hand. Dit behoort baie gou weer na normaal terug te keer. As dit nie gebeur nie, mag jy aan dehidrasie ly. Wees ook op die uitkyk vir ’n velkleur-verlies, veral as dit grys begin raak – dit kan ’n aanduiding van swak gesondheid wees.  

5. Urine

Miskien het jy nie geweet nie, maar jou urine kan belangrike leidrade oor jou welstand verskaf. Ideaal gesproke behoort dit ’n ligte geel te wees, maar dit hang basies daarvan af hoeveel water jy drink – as dit so bruin soos ystee is, is jy waarskynlik ietwat gedehidreer. Let op enige merkbare veranderinge in geur en kleur wat nie verband hou met die kos, dieetaanvullings of medisyne wat jy eet of neem nie. ’n Rooierige kleur en ’n ongewone reuk beteken dat jy beslis dokter toe moet gaan. 

Van menslike afskeidings gepraat, is dit miskien ’n goeie idee om jou stoelgang ook te monitor! ’n Goeie stoelgang wat op ’n gesonde vertering dui, is sag, maklik om te passeer, torpedo-vormig en middelbruin. Met inagneming van wat jy geëet het, wees op die uitkyk vir veranderinge in gereeldheid, digtheid en kleur. Baie donker en baie ligte kleure, grys en bloedrooi is waarskuwingstekens.    

6. Semen

Wat liggaamsvloeistowwe betref, behoort ’n gesonde man tipies 2 tot 5 ml semen te produseer. Dit behoort grys of wit te wees en moet, nou ja... taai te wees. Enigiets wat gereeld te waterig, bloederig of minder as ’n teelepel in volume is, is rede tot kommer.

7. Tong

’n Gesonde tong behoort warm, pienkerig en nie te glad, bleek of gelerig te wees nie.

8. Liggaamsmassa-indeks

’n Liggaamsmassa-indeks (LMI) van tussen 18 en 25 word oor die algemeen as gesond beskou, maar as jy baie gespierd of natuurlik slank is, mag dit onderskeidelik hoër of laer wees. Gebruik ons handige LMI-rekenaar om jou persoonlike status uit te werk.

9. Algehele fiksheid 

As ’n gesonde volwassene behoort jy by die werk die trappe te kan klim en jou kruideniersware van jou motor na jou kombuis te kan dra sonder om soos ’n blaasbalk te hyg of op die vloer inmekaar te sak. Jy behoort ’n myl (1.61km) in 15 minute te kan stap. 

(Andrew Luyt, Health24, Januarie 2011)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE