Share

Is jy mans genoeg?

Junie is Mans-gesondheidsmaand en daar is geen beter geleentheid om die belangrikheid van die vroeë vasstelling en behandeling van talle mans-spesifieke siektes uit te lig nie.

Een gesondheidsprobleem wat egter oor die algemeen nie baie media-aandag kry nie is manlike onvrugbaarheid, en hierdie Junie word mans wat probleme ondervind om 'n familie te begin, aangemoedig om mans genoeg te wees om verantwoordelikheid vir onvrugbaarheid te aanvaar.

Dr. Merwyn Jacobson van Vitalab, 'n spesialis in reproduktiewe medisyne, sê onvrugbaarheid by mans is 'n beduidende mediese kwessie en die oorsaak van byna die helfte van alle gevalle van onvrugbaarheid. Om die waarheid te sê, manlike onvrugbaarheid is die rede hoekom tot 40% van alle Suid-Afrikaanse paartjies nie kinders kan verwek nie.

Dit is 'n merkwaardige statistiek, veral in die lig van die feit dat vroue nog steeds grootliks vir onvrugbaarheid verantwoordelik gehou word, en Dr. Jacobson meen dat hierdie wanopvatting dringend verander moet word: "Mans neig beslis om onvrugbaarheid as 'n klad op hulle manlikheid te beskou, maar om die paartjie se kanse om 'n kind te verwek, te verhoog, moet hulle besef dat onvrugbaarheid niks met manlikheid te doen het nie. Om die waarheid te sê, die optrede van ’n ware man is om onvrugbaarheid te aanvaar en die beste van die saak te maak. Manlike onvrugbaarheid word veroorsaak deur die afwesigheid van gesonde spermselle en het niks met fisiese aantreklikheid, spiere en seksuele aantrekkingskrag te doen nie."

Die feit dat daar oor die algemeen geen duidelike simptome of waarskuwingstekens van manlike onvrugbaarheid is nie, dra by tot die algemene opvatting dat onvrugbaarheid 'n vroulike probleem is. "Die vervaardiging van spermselle is 'n baie ingewikkelde proses wat met puberteit begin en by gesonde mans tot 'n gevorderde ouderdom voortduur, en dus is dit nie verbasend dat mans onvrugbaar kan raak nie," sê Dr. Jacobson. "Daar is 'n hele aantal potensiële oorsake van manlike onvrugbaarheid."

Lewenstyl:

  • Rook
  • Ontspanningsdwelms  
  • Alkoholmisbruik
  • Gebruik van anaboliese steroïedes
  • Styfpassende onderklere
  • Blootstelling aan toksiese chemikalieë  

Hormonale probleme                      

Fisieke probleme:

  • Beskadigde spermbuise  
  • Varikosele (spatare van die testikels)
  • Infeksies veroorsaak deur bv. pampoentjies en seksueel-oordraagbare siektes 
  • Genetiese oorsake
  • Retrograde ejakulasie
  • Vroeëre vasektomie

Sielkundige/Fisiese:                

Die bogenoemde toestande mag lei tot die volslae afwesigheid van sperm (azoospermia), lae spermtelling (oligospermia), abnormale sperm-vorm (teratozoospermia), probleme met óf sperm-beweeglikheid (asthenozoospermia), óf sperm wat glad nie beweeg nie (necrozoospermia).

Mans kan egter hulle onvrugbaarheid-risiko verlaag deur sekere risikofaktore te minimaliseer. Net soos vroue het mans ook biologiese horlosies, en vrugbaarheid verminder wél by mans bó 40. 

Een toets om manlike vrugbaarheid te evalueer, is ’n semen-analise. Dit sal die aantal, aktiwiteit en vorm van die spermselle vasstel. Hierdie redelike eenvoudige toets vereis dat die man ’n semen-monster aan die laboratorium voorsien vir evaluering. Dr. Jacobson sê dat dit die totale evaluering van die ejakulaat is, en nie net die hoeveelheid spermselle nie wat die man se vermoë om ’n eiersel te bevrug, beïnvloed: “Mans met lae spermtellings mag sonder moeite ’n kind verwek, terwyl mans met hoë spermtellings partykeer probleme ondervind. Die vrugbaarheid van een persoon hang ook van die vrugbaarheid van sy/haar metgesel af.” 

Vrugbaarheid kan verbeter word

Gelukkig kan manlike vrugbaarheid in baie gevalle verhoog word, óf deur die probleem aan te spreek, óf deur die gebruik van vrugbaarheidsbehandeling. Die maklikste behandelingsopsies sluit in ’n kursus antibiotika in gevalle van infeksie, medikasie of vrugbaarheidsmiddels om spermproduksie op te stoot, of sjirurgiese korreksie om ’n varikoseel te verwyder of ’n buisobstruksie of vasektomie te herstel.

Daar was ook groot verbeterings in die behandeling van meer ingewikkelde manlike vrugbaarheid-probleme, insluitende verminderde sperm-beweeglikheid. IUI, of intra-uterine inseminasie is ’n redelike eenvoudige onvrugbaarheid-behandeling waar ’n klein kateter gebruik word om spesiaal gewaste spermselle direk in die uterus te plaas. Dit word ook kunsmatige bevrugting genoem, en hierdie behandeling kan in gevalle van lae spermtelling of -kwaliteit gebruik word. 

IVB (in vitro-bevrugting) mag voorgestel word as IUI nie suksesvol of gepas is nie, of indien vroulike onvrugbaarheid ’n bydraende probleem is. Deesdae, selfs in die moeilikste manlike gevalle van onvrugbaarheid, kan die direkte inspuiting van sperm in eierselle in ’n prosedure, wat intra-sitoplasmiese-sperminspuiting genoem word, die moontlikheid van swangerskap aansienlik verhoog. Ander behandelings sluit in elektro-ejakulasie vir pasiënte met ruggraat-beserings, epididimale sperm-aspirasie vir mans sonder of met verstopte buise en hormoonvervanging vir indiwidue met pituïtêre tekorte. 

Hierdie maand is dit Mansgesondheidsmaand en as jy en jou metgesel alreeds vir langer as ’n jaar sonder sukses probeer om swanger te raak, wees mans genoeg om te erken dat jy dalk ’n aandeel in julle vrugbaarheidskwessie het. Kry saam met jou maat die hulp van ’n betroubare vrugbaarheidskliniek om julle droom van ’n gesin te verwesenlik.

(Persvrystelling, Junie 2011)

Lees verder:

Onvrugbaarheid ondersteuningsforum

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE