Share

Is Steve Jobs se kanker weer terug?

Die aanname dat Apple se Hoof Uitvoerende Bestuurder Steve Jobs se afwesigheid weens gesondheidsredes aan ’n moontlike terugkeer van pankreatiese kanker te wyte is, is foutief. Hy ly aan ’n baie seldsame kanker wat ’n neuro-endiokriene gewas (NET) genoem word. Hy is in 2004 met ’n gewas van die pankreas gediagnoseer, wat geopereer is, gevolg deur ’n leweroorplanting in April 2009.   

In ’n e-pos aan Apple se werknemers het Jobs Maandag aangekondig dat hy onbepaald verlof gaan neem om “op sy gesondheid te konsentreer”. Dit is die tweede keer in twee jaar dat hy mediese verlof neem. In 2009 het hy verlof geneem vir sy leweroorplanting en het ses maande later teruggekeer werk toe. Hierdie keer het die Uitvoerende Bestuurder geen aanduiding gegee of hy na die maatskappy sou terugkeer of nie.

Die maatskappy het geen inligting oor sy mediese toestand vrygestel nie, maar daar word gespekuleer dat sy gewas miskien teruggekeer het, of dat hy moontlik aan komplikasies as gevolg van sy leweroorplanting ly. 

In sy e-pos het Jobs egter werknemers verseker dat hy as Hoof Uitvoerende Bestuurder sal aanbly en “by belangrike strategiese besluite vir die maatskappy” betrokke sal bly. Volgens berigte het Jobs by onlangse openbare optredes ’n bietjie skraal gelyk, maar geen tekens van siekte getoon nie.   

Aandeelhouers is sedert die aankondiging van Job se mediese verlof onrustig, en Apple se geheimsinnigheid oor sy gesondheid help ook nie juis nie. Apple se aandele het aanvanklik met meer as agt persent gedaal toe die nuus van Jobs se nuwe gesondheidsprobleme rugbaar geword het. Wat is die implikasies vir Apple se aandeelhouers? Lees Cybershrink se kommentaar hier.

Neuro-endokriene gewasse (NETS) is kankers van die interaktiewe area van die endokriene (hormonale) stelsel en die senustelsel. Dit is stadig-groeiende gewasse wat meestal in die spysverteringstelsel en longe voorkom, maar wat ook in ander dele van die liggaam soos die pankreas en rektum kan ontwikkel.

Onder die tipes neuro-endokriene gewasse is karsinoïede, glukogonome en feokromositome.

Volgens die webtuiste www.netcancerday.org word meer as 90% van alle NET-pasiënte aanvanklik verkeerd gediagnoseer en vir die verkeerde siekte behandel. Misdiagnose of vertraagde diagnose beteken dat NET-pasiënte gemiddeld vir vyf tot sewe jaar vir die verkeerde siekte behandel word. Dikwels word die korrekte diagnose nie gemaak voor die siekte versprei en gevorder het nie.

 - (Birgit Ottermann, Health24, Januarie 2011)

Lees verder:

90% van NET-kankers verkeerd gediagnoseer
Steve Jobs ontvang leweroorplanting – verslag

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE