Share

Interessante feite oor slaap

Vir sewe of agt uit elke 24 uur bevind ons onsself in 'n heeltemal ander wêreld – 'n toestand van algehele afgeslotenheid. Maar hoeveel weet ons werklik oor slaap, hoekom dit so nodig is, en wat gebeur as ons in "droomland" is?

Kyk hoeveel van die volgende feite jy ken:

  • Gedurende 'n normale nag is daar vyf stadiums van slaap – en elkeen is heeltemal anders as die ander vier.
  • Wanneer ons diep slaap, bereik ons asemhaling, ons hartklop en bloeddruk hul laagste vlakke van die dag.  
  • Terwyl ons droom, ondervind ons REM – vinnige oogbewegings (Rapid Eye Movements). Dit is 'n baie aktiewe tyd vir beide die liggaam en die brein.
  • Terwyl ons droom, is ons breinpatrone baie soortgelyk aan dié wat ons ondervind terwyl ons wakker is.
  • Die meeste volwassenes het ongeveer agt uur slaap nodig om op hul beste te funksioneer, maar studies het getoon dat die meeste volwassenes nie meer as sewe kry nie.
  • Ons slaap gedurende die tweede helfte van die nag ligter as gedurende die eerste.  
  • Katte slaap tot 18 uur per dag.  
  • Jou liggaam funksioneer volgens 'n 24-uur-liggaamshorlosie, wat beteken dat jy tussen 1 en 6 vm. "afwen", en dan weer gedurende die drie uur na middagete. Ons is in werklikheid vir "siestas" in die namiddag geprogrammeer.
  • Dit is moeiliker om 'n kind uit 'n diep slaap wakker te maak as 'n volwassene – kinders is dikwels gedisoriënteer en kan dan agterna niks daarvan onthou nie.
  • Baie mense wat aan slaaploosheid ly, ly ook aan angstigheid en depressie.
  • Ons groot liggaamspiere is heeltemal verlam terwyl ons slaap – moontlik om te verhoed dat ons fisies dié dinge doen waaroor ons droom.
  • Ons voltooi vier tot ses slaapsiklusse gedurende 'n goeie nagrus en beweeg herhaaldelik heen en weer deur die verskillende siklusse.
  • Die gemiddelde persoon word ongeveer ses keer per nag wakker.
  • Jou liggaamstemperatuur daal in die vroeë oggendure, bereik teen omtrent 4 uur soggens sy laagtepunt en styg dan weer net voor sonsopkoms.
  • Navorsers kon nog nooit eenstemmigheid bereik oor presies hoekom die liggaam slaap nodig het nie, behalwe dat dit ons liggame en breine help om te herstel.
  • Selfs wanneer jy baie diep slaap, is daar nog steeds 'n gedeelte van jou wat die seine en geluide van die wêreld om jou waarneem. Dit is hoekom ouers wakker word wanneer die baba huil, maar dwarsdeur 'n tierende Suidooster kan slaap.
  • Vroue en ouer mense ly die meeste aan slapeloosheid.  

QUIZ: are you sleep-deprived?
The Sleep Condition Centre

(Health24, hersien, Mei 2010)

We live in a world where facts and fiction get blurred
Who we choose to trust can have a profound impact on our lives. Join thousands of devoted South Africans who look to News24 to bring them news they can trust every day. As we celebrate 25 years, become a News24 subscriber as we strive to keep you informed, inspired and empowered.
Join News24 today
heading
description
username
Show Comments ()
Editorial feedback and complaints

Contact the public editor with feedback for our journalists, complaints, queries or suggestions about articles on News24.

LEARN MORE